OPGELEI IN GEESTELIKE OORLOGVOERING

Gary Wilkerson

Toe jy Jesus onmoet het, het jy ‘n nuwe skepsel met ‘n nuwe gees, ‘n nuwe verstand en ‘n nuwe hart geword. Hoewel jy ‘n volgeling van Jesus geword het en jou hele wêreld verander het, het die gees van die wêreld rondom jou egter nie verander nie. Trouens, die magte van die duisternis is teen jou opgestel.

Ons sien in 2 Samuel 17:1, “die Filistyne het hulle leër versamel vir die oorlog... by Sogo, wat aan Juda behoort.” Elke gelowige weet dat die magte van die duisternis opgestel is teen die volgelinge van Jesus. Die magte van die vyand versamel rondom diegene wat lewe met die gesag van die Heilige Gees en hulle begin probleme in ‘n nuwe dimensie beleef. Jy sien, die vyand is vasbeslote dat jy sal misluk in jou nuwe verhouding met Jesus en elke demoon van die hel is opdrag gegee om jou aan te val.

Hierdie aanvalle kan hulself openbaar as depressie of moedeloosheid of oorweldigende vrees. Sommige van julle kan nuwe spanning in jou huwelik beleef of erger finansiële probleme. As jou stryd onverwags op jou afkom, sal jy dalk wonder, “Wat is aan die gang? Het God my lief? Sal ek oorleef?”

Ek kan met blydskap vir jou goeie nuus gee! Wanneer jy die toename van die magte van die duisternis teen jou beleef, wees verseker dat God dit tydelik toelaat, sodat Hy jou kan oplei in geestelike oorlogvoering. Wanneer jy besef dat jou menslike pogings nie die vyand kan verslaan nie, tree God in as jy tot Hom roep. Dit is presies wat gebeur het met Dawid toe hy oor die reus Goliat getriomfeer het. “Want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee” (1 Samuel 17:47).

Dawid was gesalf en het geseëvier oor ‘n formidabele vyand, net soos jy sal oorwin as jy God se hulp soek. Wanneer Jesus vorentoe beweeg en die reus in jou lewe verslaan, sal jy gevul word met krag, moed en sterkte van die Here.