OP DIE PAD NA HEILIGHEID

David Wilkerson

Paulus bevestig ons vryspraak met God deur Christus: “Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is. En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening gekry het” (Romans 5:10-11).

Hoewel ons harte ons veroordeel, sê Johannes vir ons, “As iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus die Regverdige” (1 Johannes 2:1). Laat my ‘n voorbeeld hiervan gee uit Jesus se eie lewe.

Die dag voor Christus gekruisig is, het Hy Sy dissipels se voete gewas, “Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie” (John 13:10). Jy mag dalk wonder: “Hoe kon Jesus sê dat hierdie dissipels rein is?” Enige gewone toeskouer op die toneel sou verstom gewees het oor Jesus se stelling. Die elf mans met wie Hy gepraat het, het reeds hoogmoed, ongeloof, selfsug, ambisie, giereigheid, onbestendigheid en vervolgsugtigheid vertoon. Christus het inderdaad hierdie stelling gemaak oor hulle omdat Hy hulle gekies het. Hy het hulle op die pad na heiligheid geplaas. Dit was alles deur genade!

Jesus het ook geweet wat in die dissipels se harte was ten spyte van hulle onvolkmaaktheid. Hy het bowendien vooruit gekyk na die tyd van gebrokenheid en verslaendheid wat hulle op die punt was om te betree.

Veronderstel ek het jou gevra om al die sondes wat hierdie dissipels gedoen het op te noem. Ek glo ek sou met vertroue kon sê dat ek en jy skuldig is aan dieselfde sondes in sekere tye in ons leeftyd. Jesus het egter die antwoord vir ons almal: “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus(Romans 5:1).