Oorwinning op Oorwinning

Gary Wilkerson

Talle Christene het te doen met groot struikelblokke in hulle lewens. Dit kan ‘n werksverlies, ‘n spannende huwelik, ‘n siek geliefde, of ‘n kind wat met geloof sukkel wees. Maar dit maak nie saak hoe sleg dinge miskien lyk nie, God is in die lewens van diegene wat Hom liefhet en hulle vertroue in Hom stel.

In die Bybel lees ons van ‘n arm weduwee wat in ‘n desperate situasie was. Na die dood van haar man, kon sy nie haar skuld betaal nie en die krediteur het dit kom opeis. In daardie dae, het krediteure nie net jou besittings gevat nie; hulle het jou kinders gevat. In haar desperaatheid, het die weduwee die profeet Elisa om hulp gevra.

“En ’n sekere vrou uit die vroue van die profete-seuns het na Elísa geroep en gesê: U dienaar, my man, is dood, en u weet self dat u dienaar die HERE gevrees het; nou het die skuldeiser gekom om my twee kinders vir hom as slawe te neem” (2 Konings 4:1).

Elisa kon vir haar gesê het om na die tempel te gaan vir bystand, maar hy het self opgetree. “Wat kan ek vir jou doen? Gee my te kenne wat jy in die huis het” (4:2). Elisa het in wese vir haar gesê, “God kan jou tegemoet kom net soos jy is, in jou huidige toestand. As jy geloof het, kan Hy selfs die kleinste ding wat jy het, vermeerder.” Sy het net een flessie olie gehad, maar in reaksie op haar gehoorsaamheid en geloof, was die olie vermeerder en haar behoeftes was meer as aangespreek tot eer van God. Trouens, sy het ‘n eindelose voorraad olie en ook ‘n kragtige getuienis vir haar bure gehad (Lees die hele storie in 2 Konings 4:1-7).

Die Here het onkonvensionele middele gebruik om in hierdie vrou se behoeftes te voorsien, maar dit is die wonder van hoe God werk. Sy planne is gewoonlik ver bo enigiets wat ons kan dink. Hy gaan ver bokant ons menslike vermoëns en gee aan ons oorwinning op oorwinning.

Dit maak nie saak wat jou situasie is nie, mag jou geloof jou aanhou bring by ‘n plek van rus in jou liefdevolle Vader. Al die magte van die hemel is tot sy beskikking en Hy bring jou oorwinning op hierdie oomblik!