OORVLOEDIG IN DIE HOOP

David Wilkerson

“En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees” (Romeine 15:13, my beklemtoning).

Volgens Paulus, moet die werk van die Heilige Gees betrokke wees wanneer dit kom by die onderwerp van hoop. So, hoe is ons oorvloedig in hoop, soos Paulus vir ons gebid het om te wees? Hoe verbly ons ons in die hoop? En hoe verkry ons die volle versekering daarvan? ‘n Saadjie van hoop word geplant by verlossing, natuurlik, maar hoop moet ook volwasse word in ons lewenswandel met Jesus.

Die boek Hebreërs sê vir ons, ons het ‘n hoop wat dien as “‘n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel” (Hebreërs 6:19). Kortliks, die pad na hoop begin met die volle versekering dat ons reg is met God. Ons praat van die versekering dat ons vrede met God het. En Paulus verskaf daardie versekering deur te verklaar, “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus(Romans 5:1).

In ‘n ou bekende gesang van die kerk, verklaar die skrywer Edward Motes, “My hoop is gebou op niks minder nie as Jesus se bloed en geregtigheid.” Dit is inderdaad vrede: Om God se belofte te glo dat deur geloof in Christus se uitgestorte bloed, Hy my as regverdig beskou. Hy doen dit alhoewel ek nie volmaak is nie. En Sy geregtigheid word aan my toegereken, nie deur enige goeie dinge wat ek gedoen het nie, maar deur geloof alleen.

Jy kan in werklikheid geen vaste vrede, geen ware hoop hê nie, totdat jy ophou twyfel oor jou aanvaarding deur Christus. Hierdie aanvaarding word nie gebaseer op dit waarvan jou vlees jou beskuldig om te wees, of waarvan die duiwel jou beskuldig om te wees nie. Dit is alleenlik gebaseer op hoe God jou sien in Christus.