ONWRIKBARE VERTROUE IN GOD

David Wilkerson (1931-2011)

Die meeste Christene is bekend met hierdie vers: “Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alles opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde” (Hebreërs 4:15). Ons sien hier dat ons Hoëpriester, Jesus, ons lyding saam met ons voel. Met ander woorde, ons Here word persoonlik aangeraak deur alle pyn, verwarring en wanhoop wat ons voel. Daar is niks wat ons beleef, wat Hy nie ook op een of ander manier beleef het nie.

Omdat ons so ‘n groot Hoëpriester het, word ons beveel, “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (4:16). Ons word vertel, “Jou Verlosser weet presies waardeur jy gaan en Hy weet presies hoe om sy genade aan jou te bedien.”

Ons het al die meeste van die teologiese definisies van genade gehoor: onverdiende guns, die goedheid van God; sy besonderse liefde. Maar wanneer beproewings kom, het ons ‘n keuse van hoe ons sal reageer. In die boek Job, sien ons dat Job se vrou verbitterd geword het oor die onuitspreeklike tragedie wat hulle gely het. Sy het dwaaslik God geblameer en haar man aangepor, “Vervloek God en sterf” (Job 2:9). Sy het in wese gesê, “Waarom sou die Here so ‘n ondenkbare tragedie oor hierdie goddelike gesin bring?”

Maar selfs in sy groot droefheid en angs, het hierdie goddelike man gesê, “Al wil Hy my ombring – ek hoop op Hom” (Job 13:15).

Job het in wese gesê, “Dit maak nie saak of hierdie swere my na my graf neem nie, ek sal nooit my vertroue verloor dat Hy weet wat Hy doen nie. Selfs al verstaan ek niks van hiervan nie, weet ek God het een of ander ewige doel.

Geliefde, jou huidige lyding vorm iets kosbaars in jou lewe terwyl jy verander word in ‘n genadegewer.