ONUITSPREEKLIKE EN HEERLIKE BLYDSKAP

Jim Cymbala

‘n Sekere vrou in ons kerk is bekend vir haar sonnige, blye geaardheid. Verskeie jare gelede het sy in my kantoor ingekom en sekere verwoestende nuus aan my meegedeel. Terwyl sy gepraat het, was sy wonderbaarlik kalm en die lieflikheid in haar gees het my heetemal onkant gevang. Toe ons klaar was met ons gesprek, het sy my opreg gevra, “Mag ek vir jou bid?”

Hierdie dierbare gelowige het begin om vir my verpletterende nuus te vertel en toe afgesluit deur vir my te bid? Ek was verwonderd oor haar blydskap ten spyte van baie pynlik omstandighede in haar lewe.

Die soort blydskap wat hierdie vrou gehad het, was normaal vir die Nuwe Testament kerk en dit moet ook vir ons normaal wees. Sou ons depressief wees omdat Jesus gesterf het vir ons sondes en opgestaan het uit die graf? Sou ons kla oor die kennis dat ons eendag saam met die Here sal wees vir ewig? Sou die feit dat ons name in die Boek van die Lewe geskryf is, ons hartseer maak? Nee, natuurlik nie! Daardie dinge moet ons groot blydskap gee!

Petrus het geskryf: “Vir wie julle, al het julle [Jesus] nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap” (1 Petrus 1:8, beklemtoning bygevoeg). Beskryf ‘n “onuitspreeklike en heerlike blydskap” jou of my kerk? Dit behoort.

Paulus se sendbrief na Rome is sy groot teologiese dokument aangaande regverdigmaking deur geloof en ander gewigtige leerstellige sake. Teen die einde van sy brief, verklaar die apostel egter dat die koninkryk van God in wese nie handel oor leerstellige menings is soos Calvinisme of Arminiasme nie. En dit gaan ook nie daaroor wie reg is in die pre- of post-tribulasie wegrapingsdebat is nie. Paulus het gesê dat die koninkryk van God ‘n saak is van “geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees” (Romeine 14:17, beklemtoning bygevoeg).

Die apostel Paulus het ‘n lewe van blydskap beskryf wat van die Helige Gees kom. Dit is hoe belangrik blydskap is; dit kenmerk ons as volgelinge van Jesus Christus.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in 'n klein bouvallige gebou in 'n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is 'n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.