ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN EENSAAMHEID

Nicky Cruz

Kan ‘n Christen werklik eensaam wees? Die bekende evangelis, Billy Graham, het eenkeer gesê dat met sy jarelange kontak met mense dwarsdeur die wêreld, is eensaamheid volgens hom die grootste probleem wat die mensdom beleef. Teoreties behoort ons nooit eensaam wees nie, want Jesus Christus, die Vriend bo alle vriende, het gesê, “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie” (Hebreërs 13:5). Hy lewe binne-in ons en ons het hulpbronne om van te put waarvan nie-Christene glad nie weet nie.

Tweedens, ons het ‘n familie identiteit, omdat ons “weergebore” is in die familie van God en sy kinders is saam met broers en susters in Christus. Maar, Christene sukkel met alleen voel. In my eie soeke na ontsnapping van eensaamheid af, het ek ‘n paar belangrike grondreëls waaraan ek voortdurend werk:

  1. In plaas van mense te soek wat jy kan vertrou, fokus volkome op God, wat alleen betroubaar is. Deur dit te doen, verhoed jy om meer van menslike skepsels te verwag as wat hulle kan gee.
  2. Neem daagliks tyd om alleen saam met God te wees, ongeag druk of skedules. Bid oor elke probleem, of dit groot of klein is. Die Bybel sê, “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus” (Filippense 4:6-7).
  3. Leer om nee te sê. As jy geneig is om ‘n werkolis te wees (bedoelend dat jou enigste plesier jou werk is), erken dit en begin daarmee af te reken. Raak ontslae van alle nie-noodsaaklike aktiwiteite in jou lewe wat inmeng met jou tyd met God, tyd met jou familie, betrokkenheid by die kerk en noodsaaklike ontspanning.
  4. In plaas van heeltyd peins oor jou eie probleme, reik uit na iemand anders met eenvoudige vriendskap. Jy mag iets baie meer ontvang as was jy gee.

Selfs al mag jy dalk steeds eensaam word, Jesus is die bron van alles wat jy nodig het.

Nicky Cruz, internationally known evangelist and prolific author, turned to Jesus Christ from a life of violence and crime after meeting David Wilkerson in New York City in 1958. The story of his dramatic conversion was told first in The Cross and the Switchblade by David Wilkerson and then later in his own best-selling book Run, Baby, Run.