ONTLEDIG

Gary Wilkerson

Jesus het die hart van ‘n dienaar gehad en Hy roep ons tot diensbaarheid. “Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gesalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis” (Filippense 2:5-8).

Ek wil vir jou ses dinge noem wat Jesus vir ons vandag sou sê oor diensbaarheid:

  • ’n Dienaar gee nie om oor sy reputasie nie.
  • As ‘n dienaar, is ons meer begaan oor wat God van ons dink as wat ander dink.
  • ’n Dienaar raak nie verstrengel in selftwyfel of oormatige introspeksie nie.
  • ’n Dienaar dien volgens God se planne en doelwitte, deur die Heilige Gees se inspirasie.
  • ’n Dienaar voer sy dienste uit sonder ‘n greintjie hoogmoed.
  • ’n Ware dienaar dien soos Jesus – en die wêreld sien ‘n verskil.

Ware dienaarskap is onbaatsugtig, nederig, en soek die voordeel van ander – en ag ander hoër as wat ons onsself ag. Ons voel nie altyd na dien nie, natuurlik nie. Ons mag dalk goed dien terwyl dinge glad verloop, maar ongunstige omstandighede is geneig om ons energie te tap om na ander uit te reik.

In ooreenstemming met die eerste punt hierbo, het Jesus Homself “ontledig.” Ons gesindheid behoort Jesus s’n te weerspieël, wat dinge nie uit selfsugtige ambisie of ‘n behoefte vir erkenning gedoen het nie. Hy het sy eie status en gemak opsy geskuif tot voordeel van diegene rondom Hom.

Maak jou lewe ‘n verskil wat die wêreld raaksien? Belonings, openbare erkenning of dankbaarheid moenie ons motivering te wees om ware dienaarskap uit te lewe soos Jesus het nie. Maar watter blydskap bring dit vir ons Saligmaker wanneer ons in sy voestappe volg – en dit is ons ware beloning.