IS ONS WAARLIK EEN?

David Wilkerson

Somtyds behandel ons ander in werklikheid sleg. Ons skei onsself af van ‘n broer of suster; ons kwets en maak iemand seer; ons kan maklik van ander ‘n wanvoorstelling maak. En ons dink dit is “net tussen my en God.” Daarom het ons berou en bely ons dit voor die Here, waarna ons voortgaan met die veronderstelling dat alles reg is. Ons dink egter nie hoe ons in hierdie proses nie net ‘n broer seergemaak het nie, maar dat ons ook die Here seergemaak het. Trouens, ons het dit aan die hele Liggaam van Christus gedoen, want as een seerkry, kry almal seer.

Hier is die openbaring wat aan ons gegee is: “Ek behoort aan die Liggaam van Christus! En so ook my broer, my suster. Ons is almal een omdat ons almal verbind is aan die Hoof.”

Ek bring vir jou dieselfde boodskap wat Paulus vir sy medewerkers gebring het.

“Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n” (Filippense 2:3-4).

“Ek vermaan [julle] . . . om eensgesind te wees in die Here” (Filippense 4:2).

Hier is hoe Paulus dit alles opsom. Trouens, hier is barmhartigheid ten volle uitgeleef:

“Omdat julle vir ons dierbaar geword het” (1 Thessalonicense 2:8)

Ek vra vir jou: Is al jou broers en susters in Christus vir jou dierbaar? As die lewe van ons Hoof vloei na ons, die lede van Sy Liggaam, begin ons nie net mekaar liefhê nie, maar selfs ons vyande.

“Here, laat ons barmhartig wees, soos U ons barmhartig is!”