ONS MOENIE VERRAS WEES NIE

David Wilkerson

Ek moet vir jou vra: Terwyl die storm woed, gaan jy na die Here in gebed? As jy dit doen, dan ontvang jy krag, omdat jou gedagtes gevestig is op jou hemelse Vader se liefde. In Sy teenwoordigheid, openbaar Hy gedurig Sy krag teenoor jou en bemoedig jou, sodat jy dit kan deurstaan.

Dit is nie God se wil dat enige van Sy kinders die komende moeilike tye beleef met ‘n verlammende vrees nie; trouens, Bybelse profesieë en waarskuwings moet ons nie bang maak nie. Jesus se hart oor die saak word baie duidelik gestel:

“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek nie aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie” (Johannes 14:27).

VERMAAN ONS IN LIEFDE

Jesus profeteer van komende wêreldse gebeurtenisse wat skrikwekkend klink. Hy praat van oorloë, pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. En Hy waarsku sy hoorders: “Julle gaan verdruk word en sommige van julle sal selfs doodgemaak word. Ongeregtigheid sal toeneem. Valse profete en messiasse sal opstaan en baie mense verlei” (sien Matthéüs 24:-41).

Later in Matthéüs, verduidelik Jesus dat Hy hierdie katastrofiese gebeurtenisse voorspel het, sodat ons in Hom kan glo wanneer ons dit sien gebeur.

HY IS HERE OOR ALLES

Jesus wou nie ‘n las van vrees op ons plaas nie. Hy wou eerder hê dat ons nie verras sal wees wanneer ons getref word deur verskriklike storms nie. Hy wil hê ons geloof moenie skipbreuk ly wanneer ons skielik ontsaglike lyding beleef nie. En die belangrikste van alles, Hy wil hê ons moet glo dat daar ‘n Here is bo al hierdie verskriklike dinge, ‘n Vader wat liefdevol genoeg is om ons daaroor te waarsku en ons deur dit alles te bewaar.