ONS LIEFDEVOLLE VADER

David Wilkerson (1931-2011)

Baie mense vind dit moeilik om aan God te dink as ‘n liefdevolle vader, omdat hulle Hom deur die oë van vorige belewenisse sien. God beskryf sy natuur aan Moses as “barmhartig en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierendheid en trou” (Exodus 34:6).

Satan hou daarvan om ‘n verdraaide beeld van die Vader in jou gedagtes te plant, net soos Hy met Job probeer doen het toe Job God daarvan beskuldig het dat Hy ‘n “spioen in die lug” was. Die duiwel probeer jou laat glo dat God meer gewillig is om jou te veroordeel as wat Hy is om jou te red en te seën. “Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie? My oortreding is verseël in ‘n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg” (Job 14:16-17). Job het in wese gesê, “Here, U hou my dop om te sien of ek gaan misluk. U plaas al my sonde in ‘n sak en bêre dit vir later om my te oordeel.”

God het in der waarheid glad nie op Job gespioeneer nie. Hy was so vol liefde vir Job dat Hy voor die hele hemel en hel oor Job geroem het. Wanneer ons in die middel van beproewing en probleme is, is ons geneig om te vergeet wat God oor sy eie natuur sê. As ons egter net in Hom kon glo tydens sulke tye, sou ons vrede en versekering in ons siele hê. Weer, en weer sien ons:

  • God is gereed om te alle tye te vergewe. “Want U, o Here, is goed en vergewensgesind” (Psalm 86:5).
  • God is geduldig met ons, vol goedertierenheid en barmhartigheid. “Die HERE is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke” (Psalm 145:9).
  • “Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid” (Psalm 145:8).

Wanneer ons bid, moet ons versigtig wees watter soort beeld ons van God in sy teenwoordigheid het. Wees ten volle oortuig dat Hy jou liefhet en dat Hy alles is wat Hy sê!