ONS HET SLEGS HOM NODIG

David Wilkerson

Ons is goed bekend met die verhaal van die bedroefde vader wat na Jesus gekom vir die genesing van sy sterwende dogter. “En daar kom een van die owerstes van die sinagoge met die naam van Jaïrus; en toe hy Hom sien, val hy aan sy voete neer en smeek Hom dringend en sê: My dogtertjie is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe. En Hy het saam met hom gegaan. En ‘n groot menigte het Hom gevolg en Hom verdring” (Markus 5:22-24).

Dit is duidelik dat Jaïrus ‘n groot geloof gehad het. Hy het by Jesus aangedring, “Kom, lê hande op haar en sy sal genees word.” Wat ‘n verklaring van sy geloof! Dit het Jaïrus se diep geloof geopenbaar: “My dogter het net Jesus se aanraking nodig. Hy besit al die mag. Hy kan keer dat sy sterf.”

Jaïrus se gesindheid verteenwoordig die meeste Christene vandag. Wanneer ons ‘n groot krisis beleef, weet ons dat Jesus ons enigste hoop is. En daarom haas ons ons na Hom toe in ons nood, val voor sy voete neer en soek Sy genade en hulp.

Jesus het op Jaïrus se geloof gereageer deur saam met hom te gaan. Kan jy jouself indink watter groot hoop daardie treurende man se hart moes gevul het? Terselftertyd, glo ek egter, dat ‘n verskriklike gedagte by Jaïrus moes opgekom het: “Wat as ons te laat is? Dit is wonderlik om Jesus aan my sy te hê. Maar ons het tyd nodig. Met elke tree wat ons na my huis toe gee, vloei die lewe uit my dogter uit.”

In ons eie krisis, sê die meeste van ons dieselfde ding as Jaïrus: “Ek het U nodig, Jesus. Maar ons tyd raak min.” Sou Jaïrus regtig geweet het wie Jesus was – die Opstanding en die Lewe – sou hy in sy hart gerus gewees het. Hy sou sy bekommerde gees as volg gerusstel, “Jesus bestaan buite tyd. Ons het nie tyd nodig nie. Ons het net Hom nodig!”