ONS HEMELSE VADER WEET

David Wilkerson

“Daarom moet julle jul nie kwel sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? (Want na al hierdie dinge soek die heidene)” (Matthéüs 6:31-32).

Jesus waarsku oor die heidense geneigdheid om bekommerd te wees en Sy woorde tref my siel. Hy sê vir ons dat bekommernis – oor ons werk, ons familie en ons oorlewing – ‘n heidense manier is van lewe.

‘N SLEGTE GESINDHEID

Bekommernis is die gesindheid van diegene wat geen hemelse Vader het nie. Hulle ken God nie soos wat Hy graag geken wil wees nie: as ‘n sorgsame, voorsienende, liefdevolle Vader in die hemel.

Vir almal wat glo, is dit nie genoeg om God net te ken as die Almagtige, die Skepper en Here van alles nie. Hy wil ook hê ons moet Hom ken as ons hemelse Vader.

“Want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het” (6:32).

“Kwel julle dus nie oor môre nie” (6:34).

‘N REGTE GESINDHEID

Met hierdie eenvoudige woorde beveel Jesus ons: “Moenie dink aan ‘n enkele bekommernis nie, of aan iets wat môre moontlik kan gebeur of nie. Jy kan niks verander nie. En jy kan nie help deur bekommmerd te wees nie. As jy dit doen, doen jy presies wat die heidene doen.”

Jesus sê dan, “Soek eers die koninkryk van God en al sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (6:33). Met ander woorde, ons moet voortgaan om Jesus lief te hê. Ons moet voortgaan om al ons bekommernisse op Hom te werp. En ons moet rus in Sy getrouheid. Ons hemelse Vader sal sorg dat ons voorsien word met al die noodsaaklike behoeftes van die lewe.