ONS GLO!

David Wilkerson

Dit was die nag voor die kruisiging van Christus. Jesus het sy dissipels in die bovertrek byeengeroep om hulle voor te berei op sy heengaan van hierdie aarde af. Nadat hulle saam ‘n maaltyd geniet het, het die Here ‘n handdoek geneem en begin om die mans se voete te was.

Daardie aand, het Jesus aan hierdie toegewyde volgelinge gesê dat Hy “verhoog” (menende gekruisig) sou word deur die hande van goddelose mense. Toe Hy dit aan hulle gesê het, het Hy hulle vooruit gewaarsku oor wat aan die kom was.

Jesus het sy boodskap afgesluit deur te sê, “Ek het van die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom. Weer verlaat Ek die wêreld en gaan na my Vader” (Johannes 16:28).

Die dissipels het hierop gereageer met, “Kyk, nou spreek U ronduit en gebruik geen gelykenis nie. Nou weet ons dat U alles weet. . . . Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het” (Johannes 16:29-30).

Die dissipels het Jesus daardeur in kennis gestel, dat hulle duidelik verstaan het wat Hy aan hulle gesê het. Belangriker egter, let op hulle woorde in die laaste vers: “Nou weet ons . . . daarom glo ons...”

Dit lyk asof ‘n groot geloof hulle siele aangegryp het. Hierdie mans het aan Jesus verklaar, “Nou verstaan ons, Jesus! Nou weet ons. Nou glo ons.