IS ONS GEWILLIG DAT ONS GELOOF GELOUTER WORD?

David Wilkerson (1931-2011)

Geliefde, die Here soek na ‘n volk wat Hom volkome sal vertrou. Die Here het ons nie gered, sodat ons bloot kan voortgaan om sy goedheid, genade en heerlikheid eindeloos te geniet nie. Hy het ‘n ewige doel gehad toe Hy elkeen van ons gekies het. En daardie doel strek verder as ons seëninge, gemeenskap en openbaring. Trouens, God reik steeds uit na die verlore mensdom en Hy soek na ‘n gelowige volk wat Hy kan verander in sy grootste evangelisasie-instrument.

God het na so ‘n volk gesoek in Gideon se tyd. Toe Gideon ‘n oproep gerig het vir vrywilligers om teen die Midianiete te gaan veg, het duisende Israeliete gereageer. Maar die Here het vir Gideon gesê, “Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee...Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai” (Rigters 7:2-3).

God het in wese vir Gideon gesê, “As enigeen hier bang is, beveel hom om nou huistoe te gaan. Ek sal nie toelaat dat my leër met vrees besmet word nie.” God het in werklikheid vrywilligers vir sy leër weggewys; op een stadium, is 22,000 twyfelaars huistoe gestuur. Gideon het uiteindelik die aantal vrywilligers uitgedun na 10,000, maar God het vir hom gesê daar is nog te veel. Die Here het uiteindelik op 300 oorlogbeproefde soldate besluit.

Dit behoort vir ons iets te sê. Soos die Here evangelie boodskappers soek om uit te stuur na die wêreld, sal Hy nie kerke, wie se banke vol vreesagtige, twyfelende, onbeproefde mense is, werf nie. Hy sal nie soek na magtige, doeltreffende godsdienstige organisasies of hoogs opgeleides uit die kweekskool nie. God gebruik wel organisasies en die hoogs opgeleides, maar self het nie een van hulle die hulpbronne wat nodig is om God se beproefde en getoetste boodskappers te wees nie.

So, wat is nodig om ‘n verlore en seer wêreld te bereik? God soek na diegene wat gewillig is om getoets te word. So, Hy neem almal in diens wat gewillig is om getoets te word, getempter te word deur vuur, diegene wie se geloof Hy kan louter en soos suiwer goud na vore bring.