ONS IS DIE KINDERS VAN GOD

David Wilkerson

“Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is” (Romeine 8:16). “En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis” (Hebreërs 10:15).

Jy mag moontlik vra, “Waaraan gee Heilige Gees getuienis?” Die volgende vers sê vir ons: “Dit is die verbond wat Ek met julle sal sluit ná die dae, spreek die HERE verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe” (10:16). Eenvoudig gestel, die Heilige Gees is getuie van ‘n uitstorting van hierdie genade oor hierdie geslag van die laaste-dae.

“Dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid. . . . Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself” (1 Johannes 5:6, 10). Die Heilige Gees getuig van al God se werkinge en bearbeiding, om ons voor te berei vir dit wat Hy op die punt is om te doen. Tans word Sy kerk in beroering gebring en wys ons dat ‘n soewereine beweging van die Heilige Gees moet kom. Uit hierdie groot duisternis, gaan die Gees Christus verhef en menigtes na Hom toe trek.

Ons beleef ook ‘n tyd van duisternis in die Kerk. Denominasies keur homoseksuele huwelike goed en ‘n hele geslag raak afvallig van God. In hierdie donkerste van ure, wek die Heilige Gees almal op wat Hom soek. As jy wandel in die Gees, het jy dieselfde getuienis van die Gees gehoor. Dit is: Die uur van die mens se duisternis is die Heilige Gees se uur van uitstorting. Dit was nog altyd so, en so sal dit ook nou wees.

In hierdie uur van slegte nuus, getuig die Gees van goeie nuus: “Hy het die beste wyn vir laaste gelos!"