ONKUNDIG OOR DIE KRAG VAN GOD SE GEES

David Wilkerson (1931-2011)

Ons kan dikwels iets waardevols besit sonder om die waarde of betekenis daarvan volkome te besef. Die storie word vertel van ‘n boer wat sy hele lewe lank gewerk het op sy plasie en die klipperige grond jaar na jaar omgeploeg het. Met sy dood, was die grond nagelaat aan sy seun wat voortgegaan het om die grond om te ploeg – maar die seun het ‘n goudgestreepte klont in die grond gekry. Die grond was vol goud en hy het onmiddellik ‘n skatryk man geword. Maar daardie rykdom was verlore vir sy vader, hoewel dit op die land was sy hele lewe lank.

So is dit met die Heilige Gees. Baie van ons lewe in onkunde oor wat ons het, of die krag wat in ons woon. Sommige Christene leef hulle hele lewe lank en dink hulle het die Heilige Gees, maar hulle het Hom nie in volheid en in krag ontvang nie. Hy verrig nie in hulle die ewige werk wat Hy gestuur was om te doen nie.

Sommige gelowiges soek die Heilige Gees slegs wanneer hulle in die moeilikheid is en wil hê Hy moet manifesteer in sy krag. Hulle hoop Hy sal neerdaal en hulle probleme wegvee. Maar Petrus sê dit is nie die waarheid oor die Gees nie. Volgens Hom, het ons die skat binne-in ons: “Sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien” (2 Petrus 1:3).

By die Jordaanriver, het Johannes die Doper vir die Fariseërs gesê, “Ek doop julle met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie” (Johannes 1:26). Daardie godsdienstige leiers het Jesus in die vlees gesien en hulle het Hom gehoor praat, maar hulle het glad nie verstaan wie Hy was nie. Hulle het sy krag en heerlikheid nie geken nie. Net so, het Jesus sy eie dissipel, Filippus gevra, “Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus?” (Johannes 14:9).

Hoe lank getuig jy al dat jy gevul is met die Heilige Gees? Is Hy jarelank al by jou en tog ken jy Hom nie? Hy is die Een wat ons deur moeilike tye dra met ‘n getuienis van blye volharding. Ons grootste getuienis in die wêreld is om ‘n Christen te wees wat al sy laste op die Heilige Gees werp.