IN ONGELOOF SIT

Carter Conlon

Ek is oortuig God inisieer iets waarlik betekenisvol in hierdie uur; Hy het ‘n oomblik van genade vir Amerika afgekondig. Dit maak nie saak hoe ernstig mense se harte teen Christus was in die verlede nie, God verskaf nou ‘n oop venster. En daarom wil ek nie my hele gebedslewe deurbring deur uit te roep, “Asseblief, Here” nie. In plaas daarvan, wil ek bid, “Ja, Here,” en uitvind wat my deel is. “Ja, Here, wat wil U hê moet ek doen? Ja, Here, wat wil U hê moet ek sê? Ja, Here, waarheen wil U hê moet ek gaan?”

Toe God Rebekka gekies het om Isak se bruid te wees, moes sy trek van waar sy was en gaan waarheen God haar geroep het vir Sy plan om vervul te word (sien Génesis 24:58). Net so, praat God met mense vandag en sê vir hulle om op te staan en weg te kom van sekere dinge af. So, eerder as om heeltyd te sê, “Asseblief, Here, gee vir my die genade om uit hierdie verhouding uit te kom. Gee my die genade om op te hou met hierdie gewoonte,” is dit tyd om te begin sê, “Ja, Here, U het my geroep tot iets dieper. U het my geroep om ‘n mens te wees wat in U kan roem tot op die punt waar ander nie anders kan as om hulle hoofde te buig en U te aanbid nie. Daarom sal ek nie langer sê ‘Asseblief, Here,’ terwyl ek in ongeloof sit nie. Ek sal met U saamstem, wegkom waar ek nie behoort te wees nie, en gaan waarheen U my roep!”

Miskien weet jy reeds wat God jou vra om te doen. As Hy tot jou hart gespreek het, begin met daardie dinge. As die Here jou vra om te vergewe, vergewe dan. As die Here jou vra om die waarheid te praat, doen dit dan. Totdat jy gehoorsaam is aan wat Hy reeds vir jou gesê het om te doen, sal verdere leiding van die Here verborge bly.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.