ONDERSKEI WAARHEID

Carter Conlon

“Hoe kan ek die wil van God vind? Hoe kan ek seker wees dat ek in Sy wil vir my lewe wandel?”

Het jy al ooit hierdie vrae vir jouself gevra? Ondervind jy die onderwerp van die wil van God verwarrend, of leef jy met die aanhoudende vrees dat jy Sy wil vir jou lewe misloop?

Laat ons kyk na ‘n stelling wat Jesus self gemaak het betreffende die wil van God: “As iemand gewillig is is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek” (Johannes 7:17). Met ander woorde, Dit is van toepassing op enigeen wat die wil van God wil doen.

Volgens Jesus, as jy dit in jou hart het om die wil van God te doen, sal jy verstaan en weet wat die waarheid is. Jy sal Sy stem ken wat sê, “Dit is die weg, wandel daarin”

Sedert ek ‘n jong Christen was, wou ek die wil van God doen – selfs al het ek nie altyd ten volle verstaan hoe dit sou wees in my lewe nie. Ek onthou dat ek kerk toe gegaan het, in die gemeente gesit en luister het na die prediker en gedink het, “Hoe op aarde kan hierdie mense na hierdie soort boodskap luister? Sien hulle nie hoe ver mis dit is nie?” Die meeste van die tyd het hulle gesit en luister, maar hulle het net kerk toe gegaan sodat hulle geseën kan word.

Wanneer mense nie God se wil wil doen nie, is doktrinale verwarring die eerste ding wat in hulle lewens inkom, uiteindelik gevolg deur ‘n onvermoë om die waarheid te onderskei. As hulle gebede onverhoor bly, kom hulle tot gevolgtrekking dat God nie met hulle praat nie. Hulle wil hê hulle lewens moet buitengewoon wees. Hulle wil die skares hê; hulle wil die dooies opwek, hande lê op die siekes en hulle genees; hulle wil in tale praat en daarmee saam die res, maar hulle wandel nie in die geopenbaarde wil van God nie.

 

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.