OË VAN DIE HART

Jim Cymbala

Dit is moontlik om ‘n relatiewe jong gelowige in die berge van Peru te vind wat meer oor die Bybel verstaan as ‘n teoloog met ‘n PhD. Daardie ongeskoolde Peruviaan sal moontlik nie net meer oor die Bybel weet nie, maar hy sal moontlik ook die Here op ‘n beter manier ken as die Griekse of Hebreeuse skolier. Onthou, dit was Jesus wat gejuig en gesê het:

“Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het” (Luke 10:21, my beklemtoning).

BID VOOR JY DIE WOORD LEES

Dit is vir baie van ons maklik om die Woord van God daagliks met min afhanklikheid van die Heilige Gees te benader. Dikwels bid ons nie eers voor ons die Bybel lees nie, hoewel ons God se hulp nodig het om Sy Woord te verstaan. Hoe slimmer en meer geskoold jy is, hoe harder is dit vir ons om soos kinders te kom en die Gees te vertrou om die Woord werklik te maak. Ons moet die Gees se hulp hê, en as ons in geloof vra, sal Hy ons help.

Die psalmis het gebid:

“Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet” (Psalm 119:18).

Let op dat die gebed nie vra vir oop oë om “U wet te lees” nie of selfs om “U wet te verstaan” nie. Nee, die psalmis se gebed vra vir God vir iets wat ons selde aan dink wanneer ons die Woord oopmaak: “Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.” Hy het nie van fisieke oë gepraat nie, maar hy het van die oë van sy hart gepraat.

VOORTDURENDE OPENBARING

Ons het twee stelle oë. Ons het die oë in ons kop en ons het die oë van die hart, waarna die Bybel verwys op baie plekke (byvoorbeeld Efésiërs 1:18). Die proses om geestelike dinge te sien deur die oë van die hart, nie net die verstand nie, word “openbaring” genoem. Dit is nie een of ander wilde en onduidelike, oordrewe emosionele malheid nie. Dit is ‘n daaglikse werking van die Heilige Gees binne-in almal wat dit begeer.

 

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in 'n klein bouvallige gebou in 'n ongemaklike deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is 'n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.