NUWE WYN

David Wilkerson

Wyn in die Bybel verteenwoordig vreugde en blydskap. “En dat wyn die mens se hart kan bly maak” (Psalm 104:15). In die Nuwe Testament, is “nuwe wyn” ‘n tipe van die Heilige Gees.

As ek egter vandag na die Kerk kyk, sien ek wynflesse wat leeg is. Waarom? Soos amper elke Bybelse profeet gesê het, “Sonde neem vrolikheid en vreugde weg.”

Vir elke moeder, vader en grootouer wat al so lank vir hulle verlore jonges bid: Byt vas. Jesus waak en wag. Sy uur om jou kind se onthalwe is op die punt om aan te breek.

Jou seun of dogter mag moontlik steeds besig wees om te drink van die ou wyn van die wêreld. Hulle kan nie ou vriende prysgee nie. Hulle herberg steeds wonde wat opgedoen is in die kerk, dra wrokke rond en het aanhoudend bedenkinge. Maar die kruik wat daardie ou wyn hou, is op dit punt om leeg te raak. Hulle vriende sal hulle teleurstel en hulle sal oorval word met leegheid.

Wanneer daardie oomblik kom – wanneer al hulle pogings gefaal het – sal jy God se uur van krag beleef. Slegs ‘n wonderwerk van Sy genade kan ware verlossing bring. So, hou aan bid. God sal Sy woord aan jou nakom!

In die lig hiervan, wat moet ons doen?

Maria, Jesus se moeder, gee vir ons die antwoord. By Kana, het sy vir die dissipels gesê, “Net wat Hy vir hulle sê, moet julle doen” (Johannes 2:5). Geliefde, Hy is die nuwe wyn en die bron van alle vreugde en blydskap. En Hy sal vir jou sê wat Hy wil hê jy moet doen. Lees Sy Woord – en doen dit dan!