Niks is Kosbaarder as Jesus Nie

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het daarvan gehou om in gelykenisse met die skare te praat. “Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê ... sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af” (Matthéüs 13:34-35).

Die Bybel sê duidelik dat daar geheime van die Here is: “Sy verborgenheid is met die opregtes” (Spreuke 3:32). Van die grondlegging van die wêreld af was hierdie verborge waarhede nie bekend nie, maar Matthéüs sê dat hulle in Jesus se gelykenisse versteek is. Dit het die mag om Christene waarlik te verlos as hulle bereid is om die prys te betaal om dit te ontdek.

Kom ons kyk na die gelykenis van die pêrel van groot waarde. “Verder is die koninkryk van die hemele soos ’n koopman wat mooi pêrels soek; en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit” (Matthéüs 13: 45-46). Die handelaar hier was ook ‘n keurmeester, iemand wat sy bestaan maak deur duur pêrels te evalueer vir hul kwaliteit en waarde. Hy verteenwoordig ‘n baie klein groepie gelowiges en Jesus is die pêrel met ’n groot prys en van onskatbare waarde.

Dit is duidelik dat die pêrel behoort het aan die Vader wat Christus besit het net soos enige vader sy eie seun besit. Trouens, Jesus is die Vader se mees gewaardeerde en kosbaarste besitting en slegs een ding sou veroorsaak dat die Vader hierdie onskatbare pêrel prysgee – liefde. Hy en sy Seun het voor die skepping van die wêreld ‘n verbond gesluit en in die verbond het die Vader ingestem om sy Seun as offer te gee met die doel om die mensdom te verlos.

Toe die owerpriesters hierdie pêrel ondersoek het, het hulle Hom kwaai gedevalueer. “En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het vanweë die kinders van Israel” (Matthéüs 27: 9). Dink daaraan! Die God van die heelal het sy kosbare pêrel aan almal beskikbaar gestel, en tog het hierdie manne hom min of geen waarde aan Hom geheg nie.

Geliefdes, God beoog dat sy pêrel gevind sal word deur diegene wat behep is om Hom te besit. Dit is asof Hy sê: “My pêrel is slegs beskikbaar vir diegene wat groot waarde aan Hom heg.” Jesus bied jou alles wat Hy is – vreugde, vrede, doelgerigtheid, heiligheid. Hy is jou skat, aan jou beskikbaar in ruil vir jou vertroue, jou liefde en jou geloof in sy Woord.

Tags