NIE VRYGESTEL VAN WAARSKUWING NIE

Carter Conlon

Die apostel Petrus het ‘n waarskuwing gegee aan die kinders van God: “Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel” (1 Petrus 4:12-13).

Hierdie tipe boodskap kan veral moeilik wees om te omhels in tye van vrede. God se kinders kan maklik selfvoldaan word en vergeet hulle lewe te midde van ‘n samelewing wat skielik, selfs gewelddadig teen Christus en sy volgelinge kan raak.

“As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik” (1 Petrus 4:14).

Met ander woorde, as die wêreld jou aanvaar, beteken dit dat jy een van syne is. Maar wanneer jy die keuse maak om ‘n gevalle wêreld te kies en die waardestelsel van God se heilige Woord te omhels, dan verander jou lewe, jou gesprekke, jou hart en jou motiewe alles.

Nadat hy van die vuurgloed van beproewing vertel het, het Petrus verder gesê, “Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie” (1 Petrus 4:15).

Voor jy dink jy is vrygestel van hierdie waarskuwing, onthou dat ons alle vorme van rassisme en ander kulturele sake moet verwerp wat ons samelewing vandag bitterlik verdeel. Ons moet leer om te vergewe en nie toelaat dat hierdie gees van moord en haat van ons besit neem nie. Tweedens, ons moet gewers wees in plaas van nemers. Volgende, moet ons onsself van die kwaad afsonder. Kom uit daardie verhouding uit, verlaat daardie klub, sit daardie boek neer, klim af van daardie Internet webwerf! Dit is tyd om onsself af te skei van die dinge wat ons verswak en verblind. En, laastens, ons moenie ons bemoei met ander se sake nie – en dit sluit in skinder en krities wees.

Laat ons lewe op so ‘n manier dat die liefde van Christus deur ons geken sal word.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.