Die Nabyheid van God!

David Wilkerson (1931-2011)

Hy is nooit nader as tydens ons beproewings nie

Ek wil twee verse met jou deel: “Dié wat my met soveel lis vervolg, kom steeds nader, maar van u wet af bly hulle ver. U is by my, Here, alles wat U gebied het, staan vas” (Psalm 119:150-151, AFR83).

Daar is ‘n heerlike waarheid in hierdie gedeelte wat jou lewe kan verander en vir jou rus en vrede kan gee ver bokant enigiets wat jy al beleef het. Wanneer jy die feit dat God jou liefhet en voortdurend naby jou is verstaan, dan moet alle vrees en angs wyk!

In hierdie teks, sien Dawid die goddelose aankom in ‘n poging om hom te verwoes en te vernietig. Hy sê in wese: “Gemene, korrupte, sondaars wat saamsweer kom op my af. Hulle is almal rondom my en hulle word sterker. Hulle is vasbeslote om my heeltemal te vernietig!”

Ons het almal so ‘n vyand; die vyand van ons siele, die duiwel. Hy het nog altyd net een doel in gedagte gehad: om God se werk te vernietig en om sy kinders te verlei en moedeloos te maak. Trouens, Satan gebruik al sy krag en vindingrykheid om Christene af te sny van die Here se guns en teenwoordigheid. En dit is presies wat hy tans in jou lewe probeer doen terwyl hy poog om almal wat Jesus volg uit te wis. “Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie” (Psalm 83:5, AFR53).

Daar is tye wat dit voorkom asof die duiwel op die punt is om oorwinning te behaal.

Satan sal nie tevrede wees totdat hy die algehele vernietiging en val van elke goddelike bediening, kerk en ware liefhebber van Jesus sien plaasvind. Hy hou nooit op nie. Hy agtervolg ons altyd met plan uit die hel.

Satan het Paulus se vyande in Antiochië opgewek om teen die apostel te betoog, hom te stenig en uit die stad te sleep, terwyl hulle gedink het hy is dood. God het nee gesê vir die duiwel se planne in Antiochië en het Paulus verlos.

Voor Paulus se verlossing, kan jy jou voorstel hoe die menigtes demone vanuit die geesteswêreld alles al laggende aanskou, terwyl hulle die apostel se laaste asemtuie tel en wag om sy begrafnis by te woon? Kan jy sien hoe Satan self spog: “Ons het hom verslaan, plat met die grond gemaak en hom vernietig! Paulus en sy gepreek sal binnekort net ‘n herinnering wees. Ons het die evangelie vernietig. Ons grootste vyand op aarde is verslaan”?

Hoe verkeerd was Satan. “Maar toe die dissipels hom (Paulus) omring, het hy opgestaan en in die stad gekom en die volgende dag saam met Bárnabas na Derbe vertrek” (Handelinge 14:20). Paulus was onmiddellikdadelik opgewek en hy het dadelik weer die stad binnegeloop met sy kop omhoog. Hy het eens getuig: “Ja, ons het al by onsself die doodsvonnis oor ons gehad, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek” (2 Korinthiërs 1:9).

As jy Jesus liefhet, is jy ‘n gemerkte persoon in die hel en Satan sal probeer om jou plat teen die grond te vee! Jy sal dalk saamstem: “Ek kan voel hoe daardie sameswerende vervolgers waarvan jy praat my inhaal. Satan het my in ‘n leeukuil gegooi.” Dit was Dawid se toestand. Hy het getuig: “As die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie, dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het” (Psalm 124:2-3).

Dink aan die verskriklike versoeking en mislukking van Dawid, ‘n man na God se hart. Hy was ernstig versoek, het in owerspel verval, het gelieg en ‘n onskuldige man vermoor. Ek is seker dat toe die profeet Natan hom openbaar gemaak het, was Dawid dalk versoek om Natan te laat doodmaak en sy sonde te erger te maak. Of Satan kon Dawid oortuig het dat hy sou bly lê vir die telling en verwag het dat hy sy hande in die lug sou gooi en sê: “Wat is die nut? Ek het God in die skande gesteek! Ek het teen die lig gesondig en die presiese sondes gedoen waarteen ek gepreek het. Nou kan God my nooit weer gebruik nie.”

Die psalmdigter het die hoop geuiter van diegene wat hulle van verskriklike sonde bekeer: “Die HERE het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie” (Psalm 118:18). Die psalmdigter het in wese gesê, “Ek was versoek en beproef, maar God het my nie oorgegee aan Satan se mag of die dood wat ek verdien het nie. Hy het my verlos!”

Die versoekings wat uit die hel na ons gestuur word, is nie ongewoon nie. Petrus skryf: “Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie” (1 Petrus 4:12). Paulus voeg by: “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra” (1 Korinthiërs 10:13).

Daar is niks snaaks aan alles wat met jou gebeur nie. Jy mag egter moedeloos word omdat jy vyand teen jou gekom het soos ‘n stroom. Die aanval kan wees deur wellus, gierigheid, ‘n finansiële krisis of ‘n gesondheidskwessie en jy dink: “Hier probeer ek die Here dien en ek doen my bes om Hom lief te hê en getrou aan Hom te wees, maar dinge raak net erger. Is daar iets verkeerd met my? Waarom word my probleme net meer?”

Ek spoor jou aan om na ander aan jou regterkant, linkerkant, voor jou en agter jou te kyk: almal gaan deur iets. Agter die glimlagte van jou dierbare broers en susters in Christus, is daar baie trane. Hulle ly onder beproewings waarvan jy niks weet nie. Nee, jy is nie alleen in jou lyding nie en jou beproewing is nie een of ander vreemde, ongewone omstandigheid nie. Waardeur jy gaan, is algemeen vir menigtes!

Laat my nou vir jou ‘n bietjie wonderlike nuus gee:

Die duiwel is nie so angstig om jou te vernietig as wat die Here is om jou verlos nie.

God is meer gereed om sy beloftes teenoor jou na te kom as wat die duiwel is om jou te vernietig. Trouens, hoe nader die vyand aan jou kom, hoe nader is God aan jou.

“Dié wat my met soveel lis vervolg, kom steeds nader, maar van u wet af bly hulle ver. U is by my, Here, alles wat U gebied het” (Psalm 119:150-151). Die psalmdigter sê kortliks: “Here, as my vyande aankom om my te vernietig, is U naby my in my tyd van nood.”

God sê dat Hy veral naby is aan die neerslagtiges en gebrokenes van hart om hulle te verdedig. “Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees” (Psalm 34:19).

Is jy ‘n kind van God? Leef die Here Jesus in jou? God sê Hy is naby jou in jou angs. Hier is sy belofte aan jou.

“Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep: jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland...Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou” (Jesaja 43:1-5).

Die psalmdigter, Asaf, het van die Here getuig: “U het my regterhand gevat” (Psalm 73:23). Hy het in wese gesê, “God is nie net naby my nie, maar Hy stap saam met my, hand aan hand, deur hierdie hele gemors. Laat al my vyande my agtervolg. My hand is in die Vader s’n!” Verder, het Asaf gesê dat God hom raad en lyding gegee het: “U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem” (Psalm 73:24).

Talle dierbare Christene vertel vir my van hulle ongelooflike swaarkry, probleme wat aanhou ophoop, dinge wat hulle moedeloos maak wat aanhou om teen hulle te kom. Menslik gesproke, lyk dit asof dit onmoontlike situasies is. En my hart gaan uit na elke gelowige wat sulke beproewings verduur.

Maar elke Christen moet oortuig wees dat hy of sy kosbaar en geliefd is en dat God naby is. Trouens, hoe nader die vyand kom, hoe meer getrou is God om sy nabyheid te openbaar en hoe stywer sal Hy sy kosbare kind se hand vashou!

As jy kan glo dat God naby jou is, moet jy glo dat Hy vir jou sal optree!

God se eer is op die spel wanneer ons tot Hom bid en Hy sal nie toelaat om bespot te word deur nie te verhoor nie. Die Bybel sê van Hom: “Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie” (Psalm 121:3-4). Ons God is te alle tye wakker en Hy gee aandag aan elke behoefte wat ons het.

Hier is wat God jou belowe, as jy sal oefen om tot Hom te nader die hele dag lank. “God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg. Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God. Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap. Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!” (Psalm 68:2-5).

Praat met God, soek sy nabyheid en Hy sal al hierdie dinge vir jou doen. Hy sal jou vyande laat spaander en alle demoniese vervolgers verdryf. En jy sal die geseënde greep van sy hand ken te alle tye. Halleluja!