NADER HOM MET VERTROUE

Nicky Cruz

Om in staat te weet om die Gees te volg en sensitief te wees vir al Sy ompaaie, moet ons eerstens ‘n oop, biddende hart hê wat vebind bly aan God. Jesus is ons grootste voorbeeld hiervan.

Geen aspek van Jesus se lewe skyn helderder as Sy afhanklikheid van gebed en gemeenskap met Sy hemelse Vader nie. Dit is die omskrywende eienskap van Sy bediening, die krag agter alles wat Hy gesê en gedoen het. Jesus het heeltyd gebid, by elke geleentheid. Hy het vir sondaars gebid, vir Sy dissipels, vir wysheid en leiding, vir Sy voedsel en water – vir alles. En Hy het dikwels weggegaan om alleen te wees, sodat Hy sonder iets wat sy aandag aflei kon luister na die Gees se stem.

Gebed is die poort waardeur die Heilige Gees toegelaat word om toegang tot ons harte en gedagtes te kry, en enige ernstige navraag na God se leiding en rigting moet begin by hierdie eenvoudige daad van kommunikasie.

Wanneer ons bid, kan ons heeltemal eerlik wees. Jesus ken ons harte, ons motiewe, ons gedagtes, ons sondes en stryd. Hy verstaan ons pyn en versoeking ten volle: “Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Hebreërs 4:15-16).

Jesus verstaan ons baie beter as wat ons onsself verstaan. Hy het ons gemaak en leef saam met ons. Hy weet waardeur ons gaan. En deel daarvan om ‘n effektiewe werktuig vir Christus te kan wees, is ons gewilligheid om ons harte en siele vir Hom oop te maak – en Hom toe te laat om saam met ons te deel in ons suksesse en mislukkings.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run