MY VOLMAAKTE VRIEND EN VADER

Nicky Cruz

Vandag is ek steeds ‘n gebroke klein seuntjie van binne en God is steeds my Vader. Oral waar ek gaan, soek ek Hom om langs my te loop, my hand vas te hou, my te lei. Wanneer ek struikel en val, reik Hy af en tel my op. Hy stof my klere af, soen die seerplek en stap dan verder saam met my die pad af.

Wanneer ek iets reg doen, sien ek Hom glimlag, handeklap en Sy ondersteuning wys. Wanneer ek iets verkeerd doen, bestraf en tugtig Hy my. Wanneer ek moeg en uitgeput is, hou Hy my op, roep my vorentoe en bemoedig my om nie moed te verloor nie. Wanneer ek bang is, neem Hy my hand. Wanneer ek hartseer is, soen Hy my hart.

Ek kyk na Jesus vir hulp en leiding in alles wat ek doen, en Hy het my nog nooit teleurgestel nie. Hy is altyd daar as ek Hom nodig het.

Hierdie liefdevolle verhoudig wat ek met my Vader het, is een wat meer as vyftig jaar gelede begin het. Dit was nie altyd maklik nie. Soms het ek van Hom af weggedeins, my eie pad probeer loop, selfs gerebelleer, maar Hy was altyd daar om my met uitgestrekte arms terug te ontvang en het vir my gewag om terug te keer na Hom toe. Sy getrouheid neem nooit af nie – Hy is die volmaakte vriend en Vader. My getrouheid aan Hom, was egter ‘n eienskap wat ek moes leer, een waaraan ek steeds werk elke dag. Dit is ‘n lewenslange proses.

Toe ek aanvanklik my hart vir Jesus gegee het, het ek geen idee gehad waarheen hierdie nuutgevonde geloof my sou neem nie. Ek was bang en alleen, en het gewonder hoe Hy my van die mense en dinge van my verlede sou verlos, die bendes en dwelms wat my gevange gehou het. Ek het nie geweet hoe om Sy kind te wees nie, maar Hy het my gewys, my gementor langs die pad. Maar dwarsdeur daardie jare het ek eerstehands gesien wat kan gebeur wanneer ons toelaat dat God se Gees losgelaat word binne-in en onder ons, wanneer ons tap uit Sy heerlikheid en Hom toelaat om te werk en te beweeg en te bedien deur ons.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.