My Voet Het Amper Gegly!

Die Heilige Gees het dit op my hart gelê om hierdie waarskuwing aan die liggaam van Christus te bring! Die waarskuwing is dit: Daar is 'n sonde wat in op hierdie oomblik in die kerk heers en die terugval van duisende Christene veroorsaak. Hierdie spesifieke sonde lei baie gelowiges tot op die randjie van die dood!

Hier by Times Square Church het 'n aantal dierbare, Christus liefhebbende mense alreeds links and regs begin terugval. Ander is weer op die randjie van 'n ernstige terugval. Ek bid dat hierdie boodskap u oë sal oopmaak vir u eie toestand - en dat die woord wat God my hier gegee het u sal vrymaak.

Die verskriklike sonde waaroor ek hier skryf, is gevaarlik omdat die meeste Christene dit nie ernstig opneem nie. Dit word nie as 'n groot sonde beskou nie; die boosheid daarvan word of onderskat of dit word geïgnoreer. En tog affekteer dit duisende gelowiges - en veroorsaak dit dat 'n groot aantal pastore, evangeliste en leke predikers reg oor die wêreld se geloof skipbreuk lei.

Hierdie sonde is nie 'n sonde van die vlees, soos egbreek, hoerery, wellus, homoseksualiteit, dobbel, steel, of dwelm en alkohol misbruik nie. Ek praat ook nie van 'n sonde van die gedagtes, soos woede, gierigheid, ambisie, rebellie, onvergewensgesindheid, laster, skinder of self hoogmoed nie. In teendeel, die sonde waarna ek verwys is veel erger en aanlokliker as hoogmoed self. Tog, sodra daar aan die sonde toegegee is, is dit daartoe in staat om na al die ander sondes wat hier gelys word te lei.

Ek probeer nie om dramaties te wees nie. Dit is 'n siels-vernietigende sonde wat ontbloot moet word en waarmee gedeel moet word - in elkeen van ons!

Nie lank gelede nie, het ek by my lessenaar gesit in ons bedienings kantore toe ek die harde gehuil vanuit die ontvangs area gehoor het. Ek het uit my kantoor gestap en gesien hoedat my sekretaresse 'n vier-en-twintigjarige Neger meisie probeer troos het. Ek het die jong meisie herken: Sy het die dienste by Times Square Church reeds nou al vir vier jaar bygewoon. Sy was wonderlik getrou - 'n fantastiese getuienis vir Jesus en kom uit 'n Christen huisgesin. Maar nou was haar gesig oortrek met droefheid.

"Wat het gebeur?" Het ek gevra. My sekretaresse het geantwoord, "Sy het nou net nuus uit Nigerië ontvang dat haar pa en ma dood is in 'n motor ongeluk."

Die meisie was totaal gebroke. Sy het ons vertel dat sy ses broers en susters het, almal van hulle jonger as sewentien, hulle is nou sonder enige versorging. Sy kon net tydelike werk kry, en sy het gereeld geld terug gestuur Nigerië toe om die familie te ondersteun, selfs al het sy self gesukkel om 'n bestaan vir haarself te maak.

Die verbysterde meisie het uitgeroep, "Ek verstaan nie! Ek het die Here vir jare getrou gedien. Ek het my tiende konsekwent gegee. Ek het opreg gewandel voor die Here. En nou dit! Waarom sou God so 'n tragedie toelaat? Ek het nie geld om terug te vlieg Nigerië toe om my ouers te begrawe nie, of om vir my broers en susters te sorg nie. Dit maak nie sin nie!" Sy het toe na my gekyk deur haar betraande oë, amper soos 'n kind, en gevra, "Pastoor, waarom is dit so moelik om die regte ding te doen? Hoe nader ek aan Jesus kom, hoe swaarder kry ek. My lewe was alreeds so hard, so vol pyn. Ek het soveel gehad soos wat ek kan vat. En nou vermeerder my probleme. Waarom het God my in hierdie posisie geplaas?'

Haar droefheid was absoluut oorweldigend. Sy't selfs vir ons vertel dat sy gedink het aan selfmoord. "Daar is nie meer enige rede oor om te leef nie", het sy gehuil. "Waarom moet ek aangaan?" Ons het met liefde vir haar 'n kaartjie gekoop en geld voorsien sodat sy haar ouers kon gaan begrawe. Ons het later gehoor dat toe sy in Nigerië aangekom het, sy bly was om te hoor dat haar pa se laaste woorde was, "Die stryd is oor. Lig het die duisternis oorwin."

Tog, toe ek die middag teruggestap het na my kantoor, nadat ons probeer het om die meisie te troos, het ek geskud. Ek het gebid, "Here, sy het so seer. Sy glo dat U haar in die steek gelaat het. Sy dink om U te dien is te moeilik. Hoe kan ek haar vertroos? Ek voel so sleg namens haar - en tog lyk dit nie of enige iets haar sal kan vertroos nie."

Toe ek gaan sit het om te bid, het ek besef: "Here, dit lyk asof die hele liggaam van Christus nog moet leer om te verstaan wat dit beteken as die godvresendes ly. Ons verstaan nie die armoede, die swaar kry nie. Niks daarvan maak sin nie. Ons probeer almal leef om U tevrede te stel - tog het ons die een probleem na die ander, plaag op plaag, kastyding na kastyding, onverwagse rampe.

"Vader, hoe kan ek uitreik na U eie kerk met seergemaakte, bedroefde, lydende mense? Ons vra almal dieselfde vraag: 'Waarom is daar soveel pyn in my lewe, wanneer ons net doen wat reg is?'"

Die hele dag lank het ek oor hierdie vraag nagedink. Die aand, toe ek huistoe gegaan het om te gaan bid, was ek in die grootste angs. Einteindelik, het ek uitgeroep tot God, "Vader U kerk is in 'n verknorsing oor die hele kwessie rondom lyding! Daar is baie Christene wat, soos Paulus, kan sê, 'Ek het die verlies van baie dinge gely, sodat ek Christus kan wen.' Tog, net soos Paulus, hoe nader hulle aan Jesus kom, hoe meer probleme staar hulle in die gesig!

"Here, dit moet vir my moontlik wees om iets aan U mense te gee. Ek wil so graag hê dat dit vir my moet moontlik wees om voor die mense te staan met wysheid en kennis om oor hierdie ernstige, verwarrende saak te praat. Watter woorde van vertroosting en wysheid kan ek aan hulle bied?"

Die Heilige Gees se woorde het my letterlik tot in my siel geskud. En na die tyd, het ek iets van die leed en hartseer deur God se oë gesien wat ek nooit voorheen gesien het nie. Ek het begin sien hoe maklik dit is vir die lydende, getoetse Christene om in 'n pynlike sonde in te gly - die sonde wat ek in hierdie boodskap wil blootlê. U sien, tensy ons na ons toetse kyk deur God se oë - tensy ons die potensiële gevaar raaksien wat ons in die gesig staar ten tyde van ons hartseer en leed - kan ons in die donker bodemlose put ingly en nooit weer daar uit kom nie!

U mag dink dat dit wreed is van my om voor te stel dat 'n bedroefde vier-en-twintig-jaar oue meisie wat so pas beide haar ouers verloor het in 'n verskriklike sonde kan ingly. Maar die Here het duidelik met my hart gepraat oor haar hartseer.

"David, sy is in gevaar - en jy moet haar waarsku! Wanneer My mense ookal deur 'n toestand soos sy gaan - as onverwagse rampe tref, en hulle gevaar in die gesig staar, moeilikhede, armoede - vra die hart altyd, 'Waarom is die lewe so hard as ek net die regte dinge doen?' Dit is presies die oomblik dat hulle op die rand van 'n verskriklike afgrond sit. Hulle is op die rand daarvan om aan 'n sonde toe te gee wat hulle gaan vernietig!"

Hierdie woorde het my geskok. Ek het gedink, "Maar, Here - ons moet huil saam met die wat ween. As 'n pastoor, moet ek elke woord van bemoediging uit U woord, waarmee die Heilige Gees my aanspoor, aan hulle gee. Ek moet daar wees om hulle te verpleeg na die beste van my vermoë - om by mense wat ly te staan en hulle toe te laat om hulle leed uit stort."

Dit is alles waar, sonder enige twyfel. Tog het die Heilige Gees my gewys dat daar 'n tyd in die middel van ons krissise kom wanneer ons nie mag toelaat dat twyfel in ons lewens wortel skiet nie! Ja, ek glo dat God skielike uitbarstings as rampe ons tref verstaan. As ons tragedie, dood of enige ander soort probleem in die gesig staar, roep baie van ons in wanhoop uit, "God, waarom het U dit toegelaat?" Selfs Christus, by Golgota, het geroep, "My God, My God, waarom het U My verlaat?"

Maar Jesus, in sy oorweldigende pyn en lyding, het nie toegelaat dat sy lyding wortel skiet en in twyfel oorgaan nie. Inteendeel, hy het toegelaat dat die Heilige Gees Hom vertroos. En in sy moeilikste uur, het hy sy lewe en toekoms in Sy Vader se hande oorgegee: ". Vader, in U hande gee Ek my lewe oor ." (Lukas 23:46).

Ek besef nou daar is nie 'n weg uit ons leed, hartseer of enige ander probleme tensy ons by die punt kom waar ons kan sê, "Ek sal nie toelaat dat hierdie twyfel aangaan nie. Ja, ek ly, ek kry seer - maar God is op die troon. Genoeg van twyfel!"

Dit is wanneer ek begin om menslike leed en lyding deur God se oë begin sien. Die Gees fluister aan my, "David, jy dink dit is genoeg om jou jammerte en hartseer met die gelowiges wat ly, te deel. Maar dit is nie genoeg nie! Ek wil hê dat jy na hulle gekweste harte moet kyk deur My oë."

Verdra my nou as ek poog om aan julle te opbenbaar wat die Here my gewys het oor hierdie ernstige sonde wat verwoesting vir soveel Christene bring. Ek bid dat hierdie boodskap 'n wapen in u hande sal wees - en dat dit u van hierdie sonde sal weerhou wat u siel kan vernietig! Die sonde sal duidelik word soos ons aangaan.

Asaf was 'n hoofsanger, 'n Leviet en 'n leier van koning Dawid se koorsangers. Hy en sy stamgroep het ook simbale gespeel ten tye van lof. Hy is geakkrediteer met die skryf van elf van die Psalms.

Hierdie man was 'n medewerker van Dawid en 'n goeie vriend. Eintlik kon niemand 'n Leviet wees en in God se huis dien sonder om 'n goeie vriend van Dawid te wees nie - omdat dit is waar Dawid die meeste van die tyd was. Dawid het God liefgehad, en hy het daarvan gehou om in God se huis te wees.

Nogtans, ten spyte van die verskriklike roeping en seën, het Asaf bely, "Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly" (Psalm 73:2). Nou weet ons dat Asaf 'n man met 'n rein hart was. Hy het die regte begrip van die hemelse Vader gehad en geglo God was goed. Hy het selfs sy redevoering in hierdie Psalm begin deur te sê, "Waarlik God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is" (vers 1). Met ander woorde: "God is goed vir my deur my 'n skoon hart te gee!"

Tog, net in die volgende vers het hierdie man met die skoon hart bely, "Ek het amper gegly. Ek het amper geval" Waarom het Asaf dit verklaar?

Kan dit wees dat Asaf ontnugter was deur die kompromie wat hy in Dawid se lewe gesien het? As 'n geliefde vriend, het die musikant moontlik alles gesien wat die koning gesê en gedoen het. Hy moes getreur het oor Dawid se mislukkings - sy stryd met wellus, sy owerspel met Batseba, sy samesweerdery en moord op Uria, sy neem van meer vrouens wanneer God hom verbied het om dit te doen. Ja, Dawid het 'n klomp probleme in sy lewe gehad. Het Asaf dus 'n skynheiligheid in hierdie man wat die reputasie gehad het dat hy so goddelik is, ontdek? Het die musikant uitgeroep, "My leier het my gefaal!"

Was dit die sonde van Asaf? Het hy amper geval omdat Dawid geval het? Toe Dawid 'n fout begaan het, het Asaf uitgeroep, "Dit is al wat ek kan vat. Ek kan dit net nie meer hanteer nie!" Nee - daar was niks daarvan in Asaf se hart nie. Wat, dan, was die sonde wat veroorsaak het dat Asaf gegly en amper geval het? Wat is hierdie ernstige sonde waaroor ek praat?

Dit is die sonde om God van afskeep en van onregverdigheid te beskuldig!

Ons weet deur hierdie Psalm dat Asaf in die warm vuur van beproewing was, en groot probleme in die gesig gestaar het. Hy getuig, "Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre" (vers 14).

Asaf sê hier: "Ek kry moeilikheid van alle kante af Elke oggend word ek wakker in hartseer, pyn en bekommernis. Elke dag word ek verslaan. Dit voel dat ek gestraf word! Dit is so erg dat ek nie eers daaroor wil praat nie" (vers 14 -16).

Asaf sluit ook armoede in, in wat hy sê: "Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien" (vers 3). Soos wat Asaf rondom hom gekyk het, was al wat hy gesien het goddelose mense met groot rykdom - mense wat oënskynlik sonder pyn leef, en die hoë lewe geniet, vet met materiële seëninge, met wat alles het wat hulle ooit sou nodig hê of sou wou hê. Miskien is Asaf gedwing om sy eie pyn en armoede meer akuut te voel. Die musikant met die rein hart kon dit nie verstaan nie - en hy het uitgeroep, "Here, dit maak nie vir my sin nie!"

Asaf se lyding het hom op die randjie van die dodelike sonde gebring: om ontrouheid en onverskilligheid aan God toe te skryf! Hierdie man het vir homself gesê, "Kyk na al die onverstandige, bose sondaars. Hulle bid nie. Hulle verwerp God se woord. Hulle verwaarloos die Here se opdragte. En tog word hulle nie geteister soos ander mense nie!.." (Psalm 73:5).

Wat Asaf eintlik hier bedoel het was, "Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam" (vers 4).

Toe het Asaf gevra, ". en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?" (vers 11). Met ander woorde: "Balanseer God dan nie Sy boeke nie? Sien Hy nie wat hier aangaan nie? Is die Here nie bewus van die wanverhouding tussen Sy regverdige kinders wat swaarkry en die voorspoed van die goddelose nie? Ons word heeltyd beroof terwyl die onverstandiges alles kry wat hulle harte begeer. En God laat dit alles toe om voort te gaan!"

Het u al ooit gewonder waarom seëninge op mense uitgestort word wat soos duiwels leef? Miskien het u al so gevoel omdat 'n goddelose medewerker 'n beloning gekry het in u plek. Of miskien het u gewonder hoe u onbekeerde buurman ooit so 'n duur motor en nuwe meubels kon bekostig. Intussen werk u hard by u werk, asof vir die Here - en u moet maniere vind om u inkomste te rek en te strek!

'n Aantal jare gelede, het ek met die West Side Hoofweg in Manhattan afgery, saam met 'n man wat in ons kerk tot bekering gekom het. Soos ons verby Donald Trump se groot seiljag dokke langs die rivier gery het, het die man woedend begin uitbars. Hy het gesê, "Ek raak so kwaad wanneer ek daardie boot sien. Daardie man het alles - en ek het niks!" Ek het by myself gedink, "Al wat Trump het is 'n stuk plank wat op die water dryf - en jy het die ewige lewe met die Here. Dink jy dat dit niks is nie?"

Volgens ons menslike denkwyse, moet die lewe eintlik soos volg wees: as ons alles aan God gee, moet ons 'n pad na glorie oopmaak, niks moet in ons pad kom nie - geen swaarkry of toetse nie. Inteendeel, 'n hele aantal pastore deur die land probeer om hierdie leerstellling te verkoop aan die terneergedrukte skape.

Om die waarheid te sê, as u probeer om u toetse met menslike redenering te verstaan, sal dit nie sin maak nie. Dit maak nie saak hoe hard u probeer nie, niks daarvan sal ooit uitwerk nie!

Ek vra u: Het u al ooit deur 'n tyd gegaan waar u elke dag opgestaan het met 'n wolk wat oor u kop hang? Miskien was dit 'n tyd waarin u getoets is. Of miskien was dit 'n tyd van afvalligheid, terugval, koudheid in u lewe. Of, miskien het dit selfs gebeur tydens u beste tye saam met God. U hart was oop vir Sy stem; u was gereed om 'n lewende offer vir hom te wees; u het gebid, "Vader, ek wandel met U na die beste van my vermoë. As daar enige iets in my hart is wat nie reg is voor U nie, verwyder dit!"

Maar u gebede word nie geantwoord nie. U hoor absoluut niks nie. En, soos Asaf, wonder u dan: "Waarom is dit so moeilik om die regte ding te doen?"

"Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas" (Psalm 73:13).

Asaf was so verward deur sy lyding in vergelyking met die maklike lewe van die goddelose, hy het amper in 'n put van absolute ongeloof ingeval. Hy was gereed om God te blameer dat Hy hom verlaat het - of hom in die steek gelaat het, en nie oor hom besorg was nie. En vir 'n oomblik was hy gereed om uit die stryd uit te tree - om heeltemal oor te gee.

Hierdie goddelike man moes gedink het, "Ek het die regte ding gedoen en ek het al die tyd my swaarkry verdra - en dit vir niks! Al my strengheid, my deeglikheid, my lof en prysing, my bestudering van God se woord - dit alles was nutteloos, verniet. Ek het alles gegee om die Here te aanbid - ek het net reg gedoen - en tog het ek voortgegaan om swaar te kry! Hierdie teistering, kastyding en smart maak nie sin nie. Wat is die nut daarvan om aan te gaan?"

Geliefde, dit is wanneer u versigtig moet wees! Wanneer rampe toeslaan, wanneer 'n toets oor u pad kom, wanneer u bedroef is - dan moet u u hart bewaar van afval!

U mag dalk nie in Asaf se toestand wees nie - by 'n punt van groot persoonlike toetsing en probleme nie. Maar u mag dalk iemand ken wat deur dieselfde gaan as Asaf. 'n Onvoorsiene ramp mag dalk oor 'n goddelike familielid, vriend of kerklidmaat kom - iemand van wie u weet wat net reg doen. En u vra, "Waarom, God? Hoe kan U dit toelaat? Daardie persoon is so heilig, so regverdig!"

Ek het eens op 'n tyd 'n jong paartjie geken in hulle middel-dertigs met twee kinders. Die man was 'n regverdige man, 'n liefdevolle man en vader. Hy was nog nie een dag siek nie - en toe ewe skielik het hy verskriklike siek geword en binne 'n kort tyd het hy gesterf. Sy vrou het agtergebly met hulle twee kinders, en het nie geweet wat om te doen nie.

Almal rondom hulle het gevra, "Waarom, God? Dit maak nie sin nie. Hoe kon U dit toelaat? Waarom moet haar lewe nou so swaar wees, met hierdie kinders - na al die jare wat sy en haar man U so getrou gedien het? Waarom het dit nie met iemand anders gebeur nie?"

Hierdie denkwyse klink onskuldig - maar dit verteenwoordig die randjie van die put van ongeloof! Asaf het baie naby daaraan gekom om in hierdie put in te val. Dit is ook die put waarin Israel geval het. Hulle het veertig jaar in die woestyn gespandeer en gesê, "Dit maak nie sin nie. Die lewe is te hard!" En hulle het gesterf terwyl hulle God bevraagteken het - in totale afvalligheid!

Laat ek u vra: Hoe reageer u wanneer al u planne en drome in u gesig ontplof? U was so seker daarvan dat u van God gehoor het. U het gedink dat Hy vir u die rigting aangewys het, en u aangemoedig het om vorentoe te gaan. Alles wat u in Sy woord gelees het gelyk asof dit u planne bevestig. U het gebid oor elke stap wat u geneem het soos u aangegaan het, en altyd aan God die eer gegee. En dit het gelyk asof die Here die pad vir u aangewys het.

U was bly en het gedink, "Uinteindelik - Ek gaan my gebede beantwoord sien! God se plan gaan einteindelik tot uitvoering in my lewe kom."

En dan een dag, ewe skielik, blaas u droom op in u gesig. U planne was vernietig, u drome verpletter - en dit lê alles in as by u voete. Jy het nie geweet hoe om enige sin van dit alles te maak nie. Dit is toe Satan oor u pad gekom het, met sy leuens.

"Sien jy nou wat jy kry deur jou wettiese manier van wandel met God? Dit is hoe Hy jou behandel wanneer jy Hom vertrou vir aanwysings. Hy maak dat jy verward raak oor Sy stem - en Hy gee jou valse leiding! Hy laat toe dat jy stemme hoor en woorde uit die Skrif sien. En dan, wanneer jy finaal gereed is om vorentoe te gaan, laat Hy jou alleen. Hy lei jou, en dan laat jy jou in die steek!"

Ek het onlangs met 'n jong prediker gepraat wat op die stadium by daardie punt was. Hy het vir my gesê, "Ek verstaan nie. Ek weet daar is geen hoogmoed in my hart, niks wat nie soos Jesus is nie. Ek het gebid en gevas, en God het die plan vir my gegee. Alles het goed gegaan - en toe skielik het dit alles opgeblaas, sommer so oornag. Dit is alles weg!"

Ek het die man nie bejammer nie. Ek het nie met hom gesimpatiseer nie. In plaas daarvan, het die Heilige Gees my 'n duidelike woord vir hom gegee: "Moenie dat jou geloof geskud word nie! Moenie jou vertroue in God verloor nie. Los al jou drome. God is nog steeds op Sy troon!"

Die duiwel het na die jong man gekom en gesê, "Jy kan God se stem nie meer hoor nie. Jy het alreeds so baie gehoor wat verkeerd is. Hoe kan jy enige stem nou vertrou?" Dit is Satan se skelmstreek - om te probeer om ons doof te maak vir Jesus se belofte: "My skape hoor my stem - en hulle hoor as ek roep!"

"Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë; totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het" (Psalm 73:16-17). Asaf het gesê, "Ek gaan nie opgee nie. Ek gaan na die heiligdom. God het my geantwoord!"

Hy het toe na die tempel gegaan. En soos hy oor die Here nagedink het, het hy aanhoudend vir homself gesê, "Ek gaan nie toelaat dat die duiwel my laat val nie. Ek gaan nie in die doderyk van ongeloof insak nie. Ek gaan bid - om dit met die Here uit te praat!"

Geliefde, wanneer u in tye van leed, hartseer of lyding kom, moet u ook na u geheime binnekamer gaan. Moenie met iemand oor die telefoon begin praat nie. Wees alleen met God! Stort u hart uit voor Hom. Gaan na die heiligdom om u antwoord te vind! Geen boek, prediker of kasette met preke sal jou ooit kan help om u beproewings te verstaan nie. Maar as u bereid is om alleen saam met die Vader te wees, sal Hy u help om te verstaan!

Dit was toe die Heilige Gees met Asaf gepraat het. En die antwoord het hard en duidelik gekom: "Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val" (vers 18). Asaf het besef, "Ek is nie die een wat besig is om weg te val nie. Dit is die goddeloses wat besig is om weg te val. Hulle is reguit oppad na die verderf!"

Die Here het aan hierdie man gesê, "Jou probleem, Asaf, is dat jy besig is om te kyk na die uiterlike voorkoms - die valse drome, die lugkastele waarin hulle lewe. Jy het nog nooit die vrees in hulle harte gesien nie!" ". raak hulle tot niet deur verskrikkinge!" (vers 19).

God het aan Asaf gewys, "Dit is alles 'n rookskerm! As jy agter hulle rykdom en fasades kon sien, sou jy besef het dat hulle in paniek en vrees leef. Al hierdie goddelose mense wat so gelukkig lyk - wat hulle tyd spandeer deur te drink en partytjies te hou - gaan elke aand huistoe met paniek en angs in hulle harte. Diep binne-in weet hulle dat hulle eendag voor My op die oordeelsdag gaan staan - en Ek gaan hulle oordeel. Hulle leef in 'n droomwêreld, Asaf - en hulle droom gaan skielik eindig!"

God het vir Asaf gesê, "Jy mag verag voel op die oomblik, Asaf. Maar wanneer jy voor my staan, gaan jy omarm word met liefde!"

Skielik, het Asaf jammerte en hartseer begin voel vir die goddelose mense wat so geseënd voorkom: "Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was, toe was ek dom ." (vers 21 - 22).

Met ander woorde: "Hoe kon ek ooit jaloers gewees het op hulle? Hulle droom wêreld is regtig 'n lewe van angs en vrees, of ewige verlies. Hulle sal net 'n paar jaar leef in hulle droom wêreld - maar ek het die ewige vertroosting van die Heilige Gees! Ek het 'n Hemelse Vader wat vir my omgee, maak nie saak waardeur ek gaan nie. En wanneer ek voor Sy troon staan, sal ek Hom hoor sê, 'Mooi so, goeie en getroue dienaar. Kom in die vreugde van My Vader in!'"

Uiteindelik het Asaf die hele prentjie begin sien - en hy het homself verbly: ". God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid" (vers 26). Hy kon sê, "Ja my krag is besig om te kwyn. Ja, ek word geteister en gekasty. Ja, ek verduur 'n groot stryd met my beproewings. Maar ek is nie alleen in my stryd nie. Ek het 'n liefdevolle Vader in die hemel wat oor my waghou!

"Here, niks anders in die wêreld maak saak behalwe U nie - om U te ken, lief te hê en te vertrou. Ek is jammer dat ek ooit kwaad was vir U - dat ek U ooit daarvan beskuldig het dat U ontrou is. Wie anders het ek behalwe U? Alhoewel my vlees en my hart my faal, U is die sterkte van my hart!"

Dit was toe Asaf in die ware rus ingegaan het. Hy het gesien dat hy amper geval het - maar hy het vasgehou! Die musikant het sy psalm afgesluit met 'n oorwinnings noot: " . in die Here Here het ek my toevlug gestel, om al U werke te vertel" (vers 28).

Dus, geliefde gelowige - hou u nog vas? Of het u Satan se leuens dat God u nie daarvan kan weerhou om te val nie, begin glo? Getuig u dat God se krag in u lewe is? Of het u begin dink dat die duiwel meer krag het as God wat in u woon?

Daar moet iets in almal van ons wees wat uitroep, "O, God, ek wil so graag verlos wees! As ek begin om aan U te twyfel, dan het ek begin val." Dit is die punt waar ons God moet vertrou om ons krag te wees - maak nie saak hoe swak ons voel of hoe pynlik ons toetse is nie.

Haal u oë van mense af. En plaas u oë op die Here - die Here self! Hy het 'n rede vir alles wat Hy in u lewe toelaat. Hy mag dalk nie altyd vir u die rede gee nie - maar Hy sal die sterkte van u hart wees deur dit alles. Mag dieselfde hoop wat Asaf beleef het in u hart opspring sodat u sal uitroep, "Here, U is die sterkte van my hart. Lewe of dood, ek gaan U vertrou!"

God help almal van ons wat Hom liefhet om nooit te gly en in ongeloof te verval nie.