MY EIE GEBREK AAN GENADE

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het ‘n gelykenis vertel van ‘n dienskneg wat ‘n groot skuld vergewe was. Hierdie man het genade en barmhartigheid gevind by sy meester, maar hy het dit alles as vanselfspekend aanvaar. Onmiddellik nadat hy vergewe was, het hy uitgegaan en ‘n man wat hom ‘n klein, nietige bedrag geskuld het, begin wurg, terwyl hy eis, “Betaal my wat jy my skuld! – nou!” Toe die skuldenaar die man om genade gevra het, het hy geweier en het die skuldenaar in die tronk laat toesluit.

Waarom was hierdie man so veroordelend? Waarom het hy genade kortgekom? Dit was omdat hy nie sy eie onwaardigheid besef het nie. Hy het nie verstaan hoe hopeloos hy was, hoe uitermatig sondig sy eie sonde was nie. Hy het nie die gevaar waarin hy was, besef nie – hoe naby aan die dood hy was – voor genade aan hom bewys is nie. Toe die meester uitgevind het wat hierdie ondankbare man gedoen het aan die ander skuldenaar, het hy hom lewenslank in die tronk laat toesluit.

Terwyl ek hierdie gelykenis bestudeer het, het die Here my gestop en my oortuig van sonde oor my eie gebrek aan genade. “Here, ek? Ek is een van die mees genadige predikers in Amerika.” Maar Hy het begin om my te herinner aan al die onsensitiewe opmerkings wat ek gemaak het, dinge wat ek uit haastig uitgeblaker het. Ek het voor die Here gehuil en vir Hom gevra hoe dit kon gebeur het.

“David, jy het vergeet van die ontsaglike genade wat Ek aan jou betoon het. Hoeveel keer moes Ek jou uit iets haal wat jou kon vernietig het? Jy sou nie hier gewees het sonder my genade nie!”

Ek het voor die Here geween en nadat ek Sy vergifnis gevra het, het ek teruggegaan na die Woord om sy hulp te soek om meer genadig te word. ‘n Wonderlike vers wat ek gevind het, is Psalm 119:76: “Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens U belofte aan u kneg”

Die betekenis hier is, “O Here, U woord sê vir my ek dat ek vertroos moet word deur die kennis dat u genadig en vol deernis teenoor my is. Laat my dieselfde genade betoon aan diegene rondom my.”