MY BELANGRIKSTE BOODSKAP

Nicky Cruz

My eerste boek, Run Baby Run, is die storie van hoe God my gered het uit ‘n lewe van haat en geweld in die straatbendes van New York. Die boek hou aan om goed te verkoop en bedien aanhoudend die mees hopeloses en die wat die meeste ly in ons samelewing.

Na Run Baby Run het ek ‘n aantal ander boeke verkoop in ‘n poging om die woede, geweld en hopeloosheid van lewe in die middestad aan die kaak te stel. Almal verskaf konkrete oplossings om hierdie probleme op te los, en die Here het daardie pogings genadiglik geseën. Ons was in staat om miljoene te bereik met ons boodskap van hoop.

In die afgelope aantal maande, het God ‘n nuwe boodskap van hoop in my hart geplant, sowel as ‘n diep las om dit te deel. Hierdie boodskap gaan oor vryheid en geestelike oorvloed; oor ‘n lewe te leef in volkome gemeenskap met Jesus; oor om deur ons aardse beperkinge te breek en ‘n kragtige impak op die wêreld rondom ons te maak. Dit gaan oor jou en my wat uiteindelik ons plek vind binne-in God se manjifieke koninkryk op aarde. Dit gaan oor om mense te sien op die manier wat God hulle sien. En beste van alles, dit gaan daaroor om vir eens en vir altyd die geestelike krag van die Heilige Gees te omhels en Hom toe te laat om Sy wysheid en krag in ons vry te stel. Wat ‘n transformasie sal ons beleef as ons God se onvergelykbare, onmiskenbare krag in ons lewens ontdek en omhels.

“Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê” (Johannes 10:10).

Vandag aanvaar die wêreld nie meer ‘n geloofstelsel wat gewortel is in tradisie en selfvoldaanheid – om kerk te hou soos ons dit nog altyd gehou het nie. Die volgende geslag sal óf die krag van God sien werk in hulle lewens op werklike, tasbare maniere, of hulle sal geen nut hê vir ons boodskap en glad nie belangstel om ons Verlosser te volg nie. Hulle moet ‘n ooreenstemming sien tussen ons lewe en ons geloof. Indien nie, sal hulle ons, sowel as ons Here, verwerp.

 

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run