MOENIE TERUGHOU NIE, WEES VRYMOEDIG IN DIE GEES!

Jim Cymbala

Vrees openbaar homself op baie maniere – vrees vir verwerping, teëstand, lyding, en mislukking, om ‘n paar te noem. En laat ons eerlik wees. Net omdat ek ‘n herder is, beteken nie ek is anders as ander nie. Ek het dieselfde begeerte gehad om in te pas by almal. En ek is nie immuun teen die versoeking om te vrees nie.

Met die Heilige Gees se hulp, kan ons dieselfde vrynoedigheid hê wat God gegee het vir die vroeë gelowiges, wat gedreig is deur die owerhede wat die kruisiging van Jesus gereël het. Toe hulle losgelaat is uit die tronk, het hulle by ander gelowiges bymekaargekom tydens ‘n biduur (altyd ‘n goeie idee wanneer ‘n aanslag teen ons geloof beleef word). “En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek” (Handelinge 4:31, beklemtoning bygevoeg). Prys God! Hulle het die hitte van die stryd gevoel, maar deur ‘n tyd van gebed, het hulle ‘n vars invulling van die Gees en ‘n nuwe vrymoedigheid beleef.

Anders as deur die emosionele lying van verwerping of teëstand te gaan, is daar nie baie diep lyding vir Christus in Noord Amerika nie. Ten minste nie die soort lyding beleef deur die vroeë kerk nie. Maar dit is ‘n ander storie in ander dele van die wêreld. Neem byvoorbeeld China.

Die kommunistiese regering het Christenskap in China probeer uitwis; trouens, hulle het dikwels probeer om enige verwysing na God uit te wis. Maar ‘n kerkbeweging het wonderbaarlik vir baie dekades in China gegroei, en ten spyte van dreigemente en gevaar, is daar nou tientalle miljoene, sterk, lewenskragtige Christene daar.

Voel jy gedring om iets vir God te doen? Ek moedig jou aan om sy leiding te volg, selfs as dit beteken om jou gemaksone te verlaat en uit te stap in onbekende waters. Deel ‘n Bybelgedeelte met iemand oor die foon, begin ‘n gebedsbediening, getuig teenoor ‘n medewerker. Moenie terughou omdat jy vrees vir mislukking nie. Wees vrymoedig in die Gees!

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.