MOENIE MISLEI WORD NIE, JESUS HEERS

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus heers oor al die nasies van die wêreld. Die Bybel sê vir ons, “Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie” (Psalm 66:7). “Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles” (Psalm 103:19).

Moenie geflous word nie, ons land word nie regeer deur Republikeine, Demokrate of enige ander menslike gesag nie. Dit word nie regeer deur Wall Street of groot besigheids-entiteite nie. Geen mag, aards of bonatuurlik heers oor Amerika of enige ander nasie nie. God alleen is in beheer. Hy sit as Koning van die konings en Here van die here en heers oor sy hele skepping vanuit sy hemelse troon.

Ek vind dit amusant as ek hoor hoe politici roem oor ons land se krag, hoe ons hoe ons onsself as die magtigste nasie op die aarde gevestig het. Ons het niks van die aard gedoen nie. Al die nasies, konings, diktators en presidente is maar bloot net stippeltjies stof in God se oë. Ons Here heers oor hulle almal en werp een regering neer en rig ‘n ander een op.

“Kyk, die nasies is soos ‘n druppel aan die emmer, en soos ‘n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken. Kyk, Hy hef die eilande op soos ‘n stoffie... Al die nasies is voor Hom soos niks, as niks en nietigheid word hulle by Hom gereken” (Jesaja 40:15-17).

As Christus met oppergesag oor sy koninkryk heers en ons sy onderdane is, dan moet ons lewens deur Hom regeer word. Wat beteken dit presies vir ons om deur Hom regeer te word? Volgens die woordeboek beteken om te regeer, “om te lei, te rig en om alle aksies en optrede van hulle wat onder die gesag staan, te beheer.” Kortliks beteken dit dat Jesus al ons dade en optrede moet beheer. Hy moet ons daagliks lei en rig, insluitend in al ons woorde, dade en in ons gedagtes.

Laat jou Koning, Jesus, toe om jou lewe te regeer deur sy Woord, dan sal jy geseënd wees en jou lewe gevul wees met sy blydskap.