MOED EN VERTROUE VIR MOEILIKE DAE

Carter Conlon

Ek bring goeie nuus! Die ewigheid is nie die enigste ding waarna ons hoef uit te sien nie. Ek glo ons harte gaan gevul wees met groot blydskap, selfs te midde van moeilike dae (sien Johannes 16:33). Daar gaan gemeenskap in die Liggaam van Jesus Christus wees soos wat ek en jy nog nooit in ons lewe beleef het nie.

Daar sal gejuig word wanneer ons saamkom – tye wanneer ons eenvoudig nie die huis van God wil verlaat nie. Die Here sal werklik ons beskutting en ons lied wees. En Hy sal vir ons die voorreg tee om Hom te verheerlik deur ander Sy krag in ons te laat sien in ‘n tyd van lyding. Sondaars sal na ons toe kom en sê, “Sê vir ons wat die rede is vir die hoop wat jy steeds het!” Jy sien, ons sal hoop hê omdat ons die waarskuwing van God gehoor het en tyd gemaak het om voor te berei.

Dit maak nie saak hoe moeilik dinge dalk mag raak nie, ek sien sekerlik nie die Kerk van Jesus Christus verdwyn met ‘n geween nie. Ek sien ‘n seëvierende Kerk – ‘n Kerk wat Christus vereer en moedig staan in die krag van die Heilige Gees, net soos sy begin het in die Boek Handelinge.

In hierdie tyd van voorbereiding, was my gebed, “Here, neem alles uit my lewe weg wat swakheid in my hart sal bring. Laat U Gees binne-in my vir my krag gee en veroorsaak dat my lewe U verheerlik.” Ek moedig jou aan om ook vir die Here te vra vir die dinge wat jy nodig het. Vra vir moed, volharding en vertroue (sien Filippense 1:20-21). Vra Hom vir die genade om nie moed te verloor in jou huidige beproewing of in dié wat kom nie.

Ek verseker jou, God sal jou nie faal nie! En nie net in ‘n tyd van lyding nie, maar dwarsdeur die ewigheid, sal jy nooit spyt wees dat jy jou vertroue in Hom geplaas het nie.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.