MET SONDE FLANKEER

David Wilkerson

Die goddeloses het nog altyd gebrek gehad aan die waarheid – hulle verag dit, vertrap dit en bespot dit met minagting. Ek het onlangs ‘n voorbeeld hiervan gesien in die New York Post, waar een skrywer selfvoldaan verklaar het, “Wetenskap het nou geloof vervang.”

Paulus se groter bekommernis was altyd vir diegene wat die weg van die waarheid geken het, hulle geloof in Christus bely het, en tog met sonde geflankeer het. “Hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen...Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte...” (Romeine 1:25-26).

Ander wat in slawerny gehou word deur hulle begeertes en plesiere, wend hulle na valse leraars om vrede te probeer vind. Op die ou end aanvaar hulle “...verderflike ketterye...en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word” (2 Petrus 2:1-2).

Al Paulus se boodskappe oor afvalligheid en die Antichris was gemik op sulke vleeslike Christene. Dit was nie bedoel vir die afgodedienaars van Rome, die heidene van Griekeland of die heidense stamme op onbekende plekke nie. Nee, sy bedoeling was dat dit gelees te word in die kerke, direk vir gelowiges!

Jy sien, Paulus het God se mense oral geroep om die waarheid lief te hê – om dit na te speur, om dit te bestudeer en te gehoorsaam. Hy het in wese geskryf, “Laat die waarheid julle gids wees! Vra die Heilige Gees om jou oë oop te maak om dit te kan sien, ore om te hoor en ‘n hart om dit lief te hê. Anders sal jy jouself oopmaak vir misleiding – en jy sal op die ou end ‘n leuen glo. Satan sal in staat wees om jou in die kultus van die Antichris in te lyf!”

Die Bybel sê dat in die laaste dae net voor Jesus se wederkoms, sal Satan selfs die uitverkorenes probeer mislei, as dit moontlik was. Dit maak nie saak hoe lank ‘n Christen al met Jesus wandel  nie, hy sal versoekings beleef wat hy nog nooit in sy lewe gehad het nie. Selfs die sterkste gelowige sal versoek word om God se getrouheid in twyfel te trek en sy Heilige Woord te wantrou.

“Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei” (Matthéüs 24:24).