MET GOD SAAMSTEM

Carter Conlon

As Christene is ons geneig om baie tyd te spandeer deur te bid, “Asseblief, Here, doen dit” of “Asseblief, Here, doen dat.” Ons vra God heeltyd om iets te inisieer. “Bring asseblief my seun of my dogter huistoe. Gee asseblief vir my ‘n beter werk.”

Daardie is almal goeie en geldige gebede. Daar is egter tye wanneer God kies om iets op Sy eie te inisieer, en Hy soek iemand wat met Hom sal saamstem – iemand wat nie net sal bid, “Asseblief, Here” nie, maar “Ja, Here!”

Byvoorbeeld, deur die profeet Esegiël, het God gesê, “En Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ‘n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie” (Esegiël 22:30). Dit was ‘n tyd waarin God reeds genade geïnisieer het, en Hy gesoek na iemand om met Hom saam te stem. Wanneer die samelewing egter ‘n toestand bereik soos ons s’n vandag, is dit ongelukkig baie makliker om met redes te voorskyn te kom waarom oordeel moet kom. Wat as God egter gewillig is om genadig te wees, en Hy soek bloot iemand onder sy kinders wat sal sê, “Ja, Here”?

Ek wil nie my hele gebedslewe op die “Asseblief, Here” kant deurbring nie. Ek wil leef aan die “Ja, Here” kant en uitvind wat my deel is! “Ja, Here, wat wil U hê moet ek doen? Ja, Here, hoe wil U hê moet ek dit doen? Ja, Here, wat wil U hê moet ek sê? Ja, Here, waarheen wil U hê moet ek gaan?” Ja, Here” moet ons gebed wees vandag!

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.