MENSE GENADE

David Wilkerson (1931-2011)

Koning Dawid het dikwels sy droefheid en stryd uitgedruk, “Ag, had ek maar vlerke soos ‘n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly . . . Gou sou ek vir my ‘n skuilplek soek” (Psalm 55:7,9). Soms het Dawid se droefheid hom na trane gedryf het en hy het sy wanhoop welsprekend uitgedruk.

Aangesien ons leef in ‘n afvallige wêreld, beleef ons almal dae van droefheid en stryd. Hoe presies moet ons genade vind om gehelp te word in ons tyd van nood? Deur op ‘n teologiese definisie van genade te vertrou, help ons nie veel wanneer ons in ‘n krisis is nie. Ons het God se hulp werklik nodig wanneer ons ly.

God stuur sy genade deur openbarings in ons beproewings, wat ons nooit in ons goeie tye sou kon verstaan nie. Ons vind voorbeelde hiervan in die Woord. Johannes het die openbaring gekry van sy Here, wat die laaste deel van die Skrif sou word: die Boek Openbaring. Te midde van daardie donker uur, het die lig van die Heilige Gees tot hom gekom en Johannes het Jesus gesien soos hy Hom nog nooit voorheen gesien het nie.

God stuur ook sy genade deur sy kinders, en gebruik sy eie sorgsame heiliges om kanale van sy genade aan ander te word. Ek noem dit “mense genade” en Paulus praat daarvan. “Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus” (Efésiërs 4:7).

En Petrus skryf, “Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God” (1 Petrus 4:10).

Dink aan wat dit beteken om ‘n goeie rentmeester, of uitdeler van God se genade te wees. Is jy so ‘n mens of gebruik jy jou tyd om net vir jou eie pyn, droefheid en stryd te bid?

Geliefde, jou huidige lyding produseer iets kosbaars in jou lewe. Terwyl jy sy genade ontvang, mag die Here jou help om ‘n genade-gewer te word. Beleef sy lewe en jubel!