MEER AS VERHOORDE GEBEDE

David Wilkerson (1931-2011)

Eenkeer het Koning Dawid God gevra om hom te red van die dood en God het sy gebed verhoor: “Die lewe het hy van u begeer; U het hom dit gegee, lengte van dae, vir ewig en altyd” (Psalm 21:5). Maar God het baie verder gegaan as om Dawid se gebed te verhoor. Hy het hom nie net die lewe gegee nie, Hy het ook ‘n kroon op sy hoof gesit en hom koning van Israel gemaak.

Nadat God Dawid koning gemaak het, het Hy eer en heerlik en majesteit oor hom uitgestort: “Op sy hoof sit U ‘n kroon van fyn goud . . . majesteit en eer het U op hom gelê” (Psalm 21:4,6). En om dit af te rond het God groot blydskap bygevoeg: “U maak hom bly met vreugde by u aangesig” (21:6).

“By Hom is daar veel verlossing” (Psalm 130:7). Dawid het in wese gesê, “Here, U het my nie net genade bewys nie, maar U het U verlossing op my uitgestort!”

Dawid se seun Salomo het ook ‘n eevoudige gebed gebid: “Gee dan aan u kneg ‘n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer?” (1 Konings 3:9). Salomo het in wese gesê, “Here, al wat ek wil hê, is wysheid om U mense te hanteer. Ek wil het ‘n regverdige koning oor hulle wees.”

God het Salomo se gebed op ‘n ontsaglike manier verhoor: “En God het vir hom gesê: Omdat jy hierdie versoek gedoen het en nie vir jou ‘n lang lewe begeer het en nie vir jou rykdom  begeer het en nie die lewe van jou vyande begeer het nie, maar vir jou verstand begeer het om regsake te verhoor, so doen Ek dan volgens jou woord: Kyk, Ek gee jou ‘n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy vóór jou nie gewees het en een soos jy ná jou nie sal opstaan nie” (1 Konings 3:11-12).

God was absoluut verheug om die onselfsugtige gebede van hierdie belangrike manne meer as te verhoor! En jou hemelse Vader wil dieselfde vir jou doen!