MAAK NIE SAAK HOE SAG JOU UITROEP IS NIE

David Wilkerson (1931-2011)

Psalm 34 gaan oor ons Here se getrouheid om sy kinders te red uit groot beproewings en krisisse. Dawid verklaar, “Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered...Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit...Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede...Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom” (Psalm 34:5,8,18,20).

Let op Dawid se aanspraak: “Ek het die HERE gesoek” (Psalm 34:5). Dawid was pas deur die Filistyne gevange geneem en toe hy Psalm 34 geskryf het, het hy ‘n erken: “Ek was in ‘n situasie so oorweldigend dat ek die rol van ‘n dwaas gespeel het. Diep binne het ek egter gewonder, ‘Hoe het dit gebeur? Here, help!’” So dit lyk asof Dawid gesê, “Ek het diep van binne uitgeroep en nie geweet hoe of wat ek moet bid nie. En die Here het my verhoor en my gered.”

Dawid het gesê: “My siel sal hom beroem in die HERE; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees” (Psalm 34:3). Dawid sê in wese hier, “Ek het iets om te sê vir al God se nederige mense op aarde, nou en in al die eeue wat kom. Solank hierdie wêreld bestaan, sal die Here almal red wat tot Hom roep en op Hom vertrou. In sy ongelooflike genade en liefde, het hy my gered.”

Hier is wat ek uit Psalm 34 geleer het:  Wanneer die vyand, Satan, teen jou kom soos ‘n stroom; wanneer jy jouself in diep waters van beproewing bevind; wanneer probleme in jou gedagtes ophoop; wanneer chaos om jou draai en jy nie eens reguit kan dink nie, het jy nie ‘n gebedsboek of ‘n leerstelling nodig waarop jy kan steun nie. Al wat jy hoef te weet, is dat ons geseënde Here elke opregte uitroep hoor, hard of onuitgesproke, en Hy reageer. Die Here is getrou om elke fluistering te hoor, maar nie saak hoe sag nie, so reik uit na Hom met vertroue.