LUISTER VIR GOD SE LEIDING

Jim Cymbala

Wanneer ons tyd met God deurbring, behoort ons meer te wil doen as net ‘n lys van versoeke bring – ons moet luister vir sy stem! Iemand het eenkeer gesê, “Wat is meer belangrik, ons vertel aan God ons versoek, wat Hy reeds weet voor ons Hom vra, of ons luister vir sy stem, om te hoor wat op sy hart is?”

Ek weet sommige mense glo nie ons kan steeds God se stem hoor nie. “Hy het reeds in die Bybel gesê wat Hy gaan sê.” Hulle sou redeneer dat om van God te hoor, godsdienstige fanatisme is of ‘n vorm van angsaanjaende emosionalisme. Maar die geskiedenis van die Christelike kerk negeer daardie geloof totaal. Hoe anders kon mense soos die Britse sendeling Hudon Taylor – wat, terwyl hy met die Here tyd spandeer het, gevoel het God plaas ‘n roeping op sy hart om na China te gaan – om die evangelie aan onbereikte mense in Asië te bring? Trouens, hoe kon enige sendeling wat al ooit iets groot vir God gedoen het, geweet het om dit te doen, tensy God dit eers aan hulle meegedeel het? Daar is geen vers in die Bybel wat sê, “Gaan na Bangladesj” nie!

Hoewel ons almal weet dat die Bybel volmaak is en God nie bedoel om leerstellinge te vervang of op dieselfde vlak van die Skrif te kommunikeer nie, maar Hy praat steeds. Hy mag moontlik lewensbelangrike woorde van waarskuwing of boodskappe van oortuiging van sonde bring wat ‘n persoonlike toepassing het. Soms is dit ‘n boodskap van leiding – ‘n rigting waarin ons moet beweeg. Daardie soort leiding word slegs gehoor deur ‘n oor wat luister of ‘n hart wat hoor.

Een van my gunsteling gedeeltes word gevind in Jesaja. “Die Here HERE het My ‘n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vemoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge” (Jesaja 50:4 beklemtoning bygevoeg).

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.