LUISTER EK NA MENSE OF GOD?

David Wilkerson (1931-2011)

Die apostel Johannes was ‘n openbaring gegee van die heerlikheid van die verhewe Christus: “Kyk, ’n geopende deur in die hemel, en die eerste stem ... het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur. En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon” (Openbaring 4:1-2).

‘n Deur na die hemel is ook vir ons geopen vandag. Soos Johannes, is ons geroep, om “op te kom hierheen.” Die Skrif sê, “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Hebreërs 4:16). Hierdie oproep om te kom na die troonkamer, word meestal geïgnoreer deur beide herders en gemeentelede. Min gelowiges ken werklik God se stem en min bedienaars praat as sy godspraak.

Johannes se tyd van isolasie op die eiland Patmos (sien Openbaring 1:9), was hom opgelê deur goddelose mense. Ek glo mense in die kerk moet ‘n “Patmos” belewenis hê – ‘n selfopgelegde afsondering van jouself met die doel om die aangesig van God te soek. Vandag maak Christene tyd om televisie te kyk, inkopies te doen of die Internet te navigeer, met ander te kommunikeer op sosiale media, maar min “kom op” na God se troon. Tog belowe die Here, “As jy opkom hierheen, sal Ek aan jou my barmhartigheid en genade openbaar en vir jou dinge wys wat jy nog nooit gesien het nie.”

Dit beteken nie ons gee ons werk, ons gesin, ons getuienis prys nie. Trouens, dit is heeltemal moontlik vir ons om ‘n besige persoon te wees en steeds ‘n Patmos belewenis te hê. Wat saak maak is dat ons alle ander stemme, aktiwiteite en dinge uitsluit wat ons kan verhinder om die stem van die Here te hoor. Ons moet onsself besig hou met één fokus: Luister ek na mense of na die Heilige Gees?

Die Here is bly wanneer jy jouself gewillig onderwerp aan ‘n tyd alleen saam met Hom. Wanneer Christus jou één fokus word, sal jy in staat wees om onderskeiding en leiding direk van bo kry.