LOOP DEUR DIE VERVELIGE MET DOELGERIGTHEID

Carter Conlon

Ons lees in die boek Jesaja, “Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs” (Isaiah 40:29-30). Met ander woorde, daar kom ‘n tyd in elkeen van ons se lewens wanneer ons voel ons kan nie aangaan nie. Ons voel asof ons onsself ter pletter gaan val en uitbrand, geestelik gesproke. Net so beleef ons almal tye wanneer koudheid in ons harte insluip – miskien as gevolg van die eentoningheid van die daaglikse lewe.

Huwelike raak dikwels in die moeilikheid omdat daar geen poging is by elkeen van die huweliksmaats om die vlam van liefde weer aan die brand te steek nie. Net so, kan koudheid insluip by ons verhouding met God – veral wanneer ons so gewoond raak aan die patroon van ons Christelike lewe dat ons begin om dinge outomaties te doen. Gou begin die las van herhaling en persoonlike beproewings ons in duie te laat stort, en voor ons weet, voel ons asof ons hoogte gaan verloor, net soos ‘n vliegtuig wanneer dit spoed verloor.

Dit is noodsaaklik dat ons besef dat God reeds vir ons gesê het wat om te doen as dit gebeur. Net soos ‘n loods opgelei is in sekere prosedures sodat hy behoorlik kan reageer, so moet ons luister na God se bevele en vertrou wat Hy sê, eerder as om op ons eie instink staat te maak.

Die Bybel sê vir ons, “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak” (Spreuke 3:5-6).

God het vir ons in Jeremia 29:11 gesê: “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.” Hy sal jou bring by daardie plek van vryheid waarna jy smag, jou die krag gee wat jy nodig het en ‘n nuwe visie binne-in jou plaas. So, vertrou die Here en ken Hom in al jou weë, en kyk dan waarheen Hy jou sal lei!

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.