LEWE IN DIE SEËN

Nicky Cruz

Na sy groot sonde, het Dawid gebid:

“Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg al my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my . . . Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees” (Psalm 51:3-5, 11-12).

Dawid se sonde het hom verder van God se aangesig af geneem as wat hy ooit gedink het hy kon reis. Die grootste pyn van sy lewe het gekom gedurende sy tyd weg van God se hand van seën en guns. Hy kon nie die gedagte verdra om sy verhouding te verloor met die Een wat hy die liefste gehad het nie.

“Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ‘n gewillige gees” (verse 13-14).

 SOEK NA GOD SE DOEL

Dawid het duur betaal vir sy sonde, maar hy het nie toegelaat dat dit hom definieer nie. Toe hy tot besinning gekom het, het hy tot God om vergifnis uitgeroep en God het hom met graagte teruggeneem; dit het egter nie die gevolge van dít wat sy sonde versoorsaak het, uitgewis nie.

As ons vóór ons in versoeking kom die gevolge van ons sonde sou weet, hoeveel van ons sou daardie stap neem? As ons tog net voor die tyd kon sien watter skade ons sonde uiteindelik sou veroosaak.

Om in die seën van God te leef, vereis dat ons die doel wat Hy voor ons gestel het moet soek, dat ons na die toekoms moet kyk en die koste van elke besluit moet bereken. Ons moet ons oë stewig op Sy pad gevestig hou en gefokus en eerlik bly.

 

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerso