LEER OM OP GOD SE WOORD TE STAAN

David Wilkerson (1931-2011)

Bekeringsbelewenisse is dikwels emosioneel omdat dit ontsaglik spesiaal is. Hoe wonderlik om vrygemaak te word van sonde en slawerny en ‘n hele nuwe lewe in Christus te begin.

Ons vroeë geestelike groei is soos ‘n kind wat leer om te loop. Dit is opwindend wanneer ‘n baba sy eerste treë gee en daar is baie aansporing en aanmoediging. Maar kort nadat hy begin te loop, is hy nie meer die middelpunt van belangstelling nie en waneer hy plante begin omgooi en oral in die huis ‘n gemors maak, word hy gestraf, hoewel sagkens, en dinge is nie meer so opwindend nie.

Jou geestelike groei is soortgelyk. Wanneer jy ‘n baba in die Here is, het jy gevoel God het jou spesiale aandag gegee en diegene rondom jou het jou onvermoeid aangespoor. Jy bly egter nie ‘n kind vir altyd nie. Deel van die volwassewordingsproses sluit in deur geloof lewe en jy moet leer om op God se Woord te staan.

Verbeel jou hoe verlore jy sou wees as jou saligheid van jou gevoelens afgehang het. Paulus moedig ons aan, “Ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is” (Filippense 3:14) Jy moet nooit staatmaak op voormalige emosionele ervarings nie. Wat vandag saak maak, is dat jy Sy beloftes vertrou.

“Waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur geelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is” (2 Petrus 1:4). Petrus maak dit duidelik dat ons Christus se natuur verkry deur God se verbondsbeloftes toe te eien en op geen ander manier nie. Hy bring vernuwing en vars salwing in ons lewens, maar ons moet ‘n lewe van geloof handhaaf dat Hy sy beloftes aan ons sal nakom.

“Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerliheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid” (Judas 24-25).