LEER JOU OOR OM CHRISTUS SE STEM TE HOOR

David Wilkerson (1931-2011)

God praat steeds met sy kinders vandag. En Hy praat so duidelik as wat Hy het in die Ou Testament, of met die apostels, of met die vroeë kerk. Ons moet egter een ding besef: God kies om te praat slegs met diegene wat ore het om te hoor.

Markus sê vir ons Christus “het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse” (Markus 4:2). In hierdie gedeelte, vertel Jesus die gelykenis van die man wat saad in ‘n land gesaai het. Toe Hy egter die storie klaar vertel het, was die skare verbyster en het gewonder, “Wie is hierdie saaier wat Hy beskryf? En wat verteenwoordig die saad?”

Jesus het dit nie vir hulle verduidelik nie; in plaas daarvan, sê die Skrif, “En Hy sê vir hulle: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor” (4:9). Slegs die dissipels en ‘n paar ander wou antwoorde hê, en daarom het hulle agterna na Jesus gekom en die betekenis van die gelykenis gevra: “En toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf rondom Hom was, Hom na die gelykenis gevra” (4:10). Toe het Christus tyd geneem om al hulle vrae te beantwoord (sien 4:14-20).

Laat ons kyk na wat hier gebeur. Jesus het die skare openbaringswaarheid gegee, ‘n boodskap wat direk uit God se mond kom, maar dit het hulle verwar. Jy mag dalk wonder waarom Jesus nie die gelykenis meer duidelik gemaak het aan die begin nie, maar ek glo Hy het in wese gesê, “As jy my Woord wil verstaan, sal jy My moet najaag vir die antwoord. Kom na My toe met ‘n honger vir die waarheid wat jou sal vrymaak en Ek sal jou al die openbaring gee wat jy wil hê.”

Ek kan my indink dat toe die grootste deel van die skare daardie dag huistoe gegaan het, het hulle bure om hulle saamgedrom, gretig om te hoor wat Jesus gesê het. “Sê vir ons wat julle geleer het,” het hulle aangedring. En al sou hulle hierdie gelykenisse kon herhaal, sou hulle woorde dood, leweloos en met geen lewegewende krag wees nie. Dit was diegene wat agtergebly het, hulle wat in sy teenwoordigheid getalm het, wat Christus se lewegewende openbaring ontvang het.

Is jy gewillig om te wag op Christus om sy geheimenisse te ontvang? Gee jou gerief prys om te doen wat nodig is om jou oor te leer om sy stem te hoor.