LEEF JY ‘N AFGEWATERDE CHRISTENSKAP?

Gary Wilkerson

Francis Chan, die welbekende outeur van Crazy Love en baie ander boeke, het geroepe gevoel deur God om sy megakerk in ‘n lieflike, welgestelde, voorstedelike, Californiese dorp te verlaat. Nadat hy die finansiële sekerheid en gemak verlaat het, het hy ‘n klein groepie gelowiges bymekaargemaak in die hartjie van San Francisco en met ‘n straatbediening begin. Omdat hy so gesaghebbend en bekend was in Christelike kringe, kon hy ‘n paar reklameborde opsit, traktaatjies uitdeel, en sonder moeite ‘n kerk begin met ‘n paar duisend mense. Maar hy wou nie hê mense van ander kerke moes hulle kerke verlaat en na syne toe kom nie – hy wou siele wen vir Christus.

Francis Chan het alles verlaat ter wille van die evangelie om die werklikhede van die boek Handelinge uit te lewe. Hoeveel van ons het ruimte in ons daaglikse lewe vir die ware Nuwe Testamentiese lewe? So, baie gaan voort met normale, aanvaarbare, afgewaterde Christelike lewens. Ten minste, hulle dink dit is normaal omdat dit al is wat hulle rondom hulle sien, sodat dit aanvaarbaar word. Om iets anders te wees as wat hulle is, sou as abnormaal beskou word.

Leonard Ravenhill, ‘n bekende Britse herder wat ‘n paar dekades gelede gesterf het, het gesê, “Christenskap vandag is so subnormaal dat as enige Christen sou optree soos ‘n normale Nuwe Testamentiese Christen, hy as abnormaal beskou sou word.” 

Dit is waar, Christenskap vandag is meer selfsugtig as wat dit in vorige geslagte was – meer verbruikersgeoriënteerd, meer materialisties. “Wat kan ek uit die kerk kry? Wat kan ek van God kry?” Mense aanvaar Christus, maar hulle laat Hom nie toe om hulle manier van lewe werklik te verander nie.

Die oproep van God tot sy kinders vandag is liefdevol, tog dringend. Hy wil hê ons moet sê, “Ek is ‘n leë werktuig, Here. Vul my asseblief en help my om in die Nuwe Testament lewe te wandel. Wat dit ook al kos, wat dit ook al verg, God, ek wil siele wen.”