KYK NA JESUS!

David Wilkerson

Paulus sê daar kom ‘n tyd dat wanneer ons “alles volbring het, [ons] staande kan bly” (Efésiërs 6:13). Ons staan op God se Woord – ten spyte van alle pyn en hartseer, ten spyte van alle swakheid van die vlees. In die Woord van God lees ons van twee mens wat vasbeslote was, “Ek moet net die soom van sy kleed aanraak.” (Die verhaal van die owerste van die sinagoge en die vrou wat aan bloedvloeiing gely het vir twaalf jaar jaar word gevind in Markus 5:22-43.)

As jou gebed nog nie verhoor is nie, mag jy dalk wonder of God jou vergeet het. Ek kan jou verseker dat Hy aan jou verlossing begin werk het die oomblik toe jy die eerste keer gebid het, en jou wonderwerk is op pad. Ek moedig jou aan om op te hou om in jou verlede te soek en ou bindinge te onthou. En moenie van een plek na ‘n ander jaag om antwoorde te soek nie. Druk deur met geloof en raak Jesus self aan. Laai jou laste op Hom en gee alles in sy hande oor. Hy het belowe om jou nooit te verlaat nie, so reik uit na Hom.

Waar Dawid in Psalm 147:4 geskryf het die Here “bepaal die getal van die sterre,” herinner hy ons, “Wanneer jy ly en voel dat alles hopeloos is, stop en kyk op na die sterrestelsels.” Ons liefdevolle Vader het dit alles gemaak! Wanneer jy tyd maak om op die majesteit en krag van die Skepper te konsentreer, kry ons perspektief en besef dat Hy meer as in staat is om ons individuele behoeftes aan te spreek.

Ons kan met versekering staande bly terwyl ons die stryd van binne en druk van buite bestry, “Die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof” (Hebreërs 12:2).