KRAG UIT DIE HOOGTE

Gary Wilkerson

Daar kom ‘n tyd in elke gelowige se lewe wanneer die Gees moet werk op ‘n manier wat buitekant ons is. Ons het Hom nodig om die werk te doen wat nodig is – om te praat, aan te raak en te verlos. Dit is presies wat gebeur het toe die dissipels nie ‘n duiwel uit ‘n lydende mens kon dryf nie. Jesus het vir hulle gesê, “Hierdie geslag kom slegs uit deur gebed en vas” (sien Markus 9:29). Met ander woorde, dit verg algehele afhanklikheid van God. Ons moet sê, “Ek kan dit nie in my eie krag doen nie. Dit benodig God se krag.”

As jou huwelik besig is om te verbrokkel, benodig dit ‘n gade wat toegerus is met krag, nie net ‘n teologiese woord nie.

Kerke is nie veel werd as hulle nie met krag toegerus is nie. Dit maak nie saak hoeveel ouderlinge ingeroep word om raad te gee nie. ‘n Duidelike besluit kan gemaak word deur een of twee wat wel met krag toegerus is. Dit alles benodig tyd op ons knieë, om op God te wag en te vertrou om met sy almagtige krag in die behoefte te voorsien. En Hy geniet dit om ons tegemoet te kom! Jesus het vir die dissipels gesê, “Ek stuur die belofte van my Vader op julle” (Lukas 24:49). Hierdie belofte kom nie deur enigiets wat ons doen nie, maar deur die genade van ons liefdevolle Vader.

Ek sê vir jou, wanneer sy krag kom, is daar niks wat daarmee vergelyk nie. Nie net óns het ‘n gewaarwording van die Gees in ons nie, maar almal in die omgewing ook. ‘n Heerlike teenwoordigheid daal neer, en almal wéét hulle staan op heilige grond.

Die dissipels het gebed en vas nodig gehad om net een demoon uit te dryf. Ons het dit nodig om ‘n hele goddelose kultuur in die oë te kyk. Verandering sal kom slegs deur krag wat uit die hoogte kom. Dit vra vir ‘n volk wat nie net met die Gees vervul is, in die Gees bly en in die Gees wandel nie, maar wat getrou wag op die Gees om met Hom beklee te word.