Kies om In of Uit te Wees

Carter Conlon

“Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die HERE bekeer” (Klaagliedere 3:40, AFR53).

Krisistye vereis dat ons dapper genoeg moet wees om die kwessies van ons dag te hanteer en, nog belangriker, dit wat binne ons eie harte lê. Dit is tyd vir ‘n opname. Nie van ons bates nie, nie van ons eiendom nie. Ons moet dieper soek. Dit is tyd dat ons stilstaan ​​en ernstig besin waarheen ons op pad is. Is ek en jy voorbereid op wat kom? Besit ons dit wat ons nodig het om die naderende dae te hanteer?

Ek vrees dat baie Christene grotendeels nie bewus is van die diepte van die groot beproewinge wat die kerk eendag sal beleef nie en helaas, ongelukkig min innerlike hulpbronne besit om dit die hoof te bied.

Ons bely ons toewyding aan Christus sonder veel probleme as die son uit is, die salaris in die posbus is en daar nog kos op die tafel is. Dit is egter wanneer ons die ysberg tref, net soos die RMS Titanic, wanneer die gebreke in ons harte en motiewe skielik onthul word.

Dit is dan wanneer dit duidelik sal word of ons sekuriteit werklik net in Christus gewortel is. Ons sal ontdek of ons harte standvastig sal wees met die uitdruklike doel om tot eer van God en die siel van mense te leef.

As ons verwag dat ons in die naderende dae onwankelbaar bevind sal word, kan ek net tot hierdie een gevolgtrekking kom: ‘n onmiddellike en doelbewuste besluit moet in ons harte geneem word om die volle reis saam met Christus aan te pak. Daar is nooit beloof dat om Christus te volg ‘n maklike pad sou wees nie; trouens, ek durf sê dat die halfhartiges eenvoudig nie die paal sal haal nie.

Dit is presies waarom dit noodsaaklik is dat ons nou die tyd neem om ons harte te ondersoek. Ons moet besluit oor die mees kritieke keuses: is ons heeltemal in of is ons uit?

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Kerk in 1994 en was aangestel as Senior Pastoor in 2001. In Mei 2020 het hy oorgegaan in ‘n voortgesette rol as Algemene Opsiener van Times Square Church, Inc.

Tags