KIES JOU VRIENDE WYSLIK

David Wilkerson

Jósafat, die koning van Juda, het teruggekeer huistoe nadat hy by Agab, die goddelose koning van Israel was. Die Here het ‘n profeet gestuur om hom tegemoet te gaan met hierdie sterk woorde: “Die siener Jehu, die seun van Hanáni [die profeet], [het] uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: Moet ‘n mens die goddelose help, en het u lief die wat die HERE haat? Daarom kom daar nou ‘n toorn op u van die HERE” (2 Kronieke 19:2).

God het in wese aan Jósafat gesê, “Agab was my vyand – ‘n afgodsdienaar – en jy het vriende met hom gemaak. Jy het toegegee aan sy goddelose lewe en het nie ‘n stand ingeneem daarteen nie. Jy mag dink dit is nie ‘n ernstige saak om jou te verbind met iemand wat teen My is nie, maar jy besef nie die gevolge van sulke dade nie.”

Op hierdie stadium mag jy dink, “Ek verstaan dat Agab goddeloos was, maar as ek na my eie vriende kyk, kan ek op geen manier aan hulle dink as God se vyande nie. Beskou egter wat die Woord sê.

Vat jou vriend die Here se kant in alle dinge? “Hy wat nie met My is nie, is teen My ...” (Lukas 11:23).

Is jou vriend se raad vol wederstrewigheid? “Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery...” (1 Samuel 15:23).

Praat jou vriend sleg van goddelike mense? “Hy wat die...regverdiges skuldig verklaar...is vir die HERE ‘n gruwel” (Spreuke 17:15).

Dit is nie speletjies nie! Jou metgeselle is vir God ‘n ernstige saak, omdat hulle optredes ernstige gevolge het: “Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog. Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy....Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie” (Psalm 50:19-22).

Dank God, die koning het homself verneder en homself berouvol bekeer, “Jósafat [het] bevrees geword en sy aangesig daarop gerig om die HERE te soek” (2 Kronieke 20:3). En God het op Jósafat se gebrokenheid gereageer deur vir Juda algehele oorwinning teen die Moabiete te gee. Die Bybel sê, “Verder het die koninkryk van Jósafat gerus, en sy God het hom rondom rus verskaf” (vers 30).