KERSFEES GENIET

Gary Wilkerson

Elke jaar gedurende die besige vakansie herinner Christene hulleself aan die ware betekenis van Kersfees: die koms van Jesus! Ons harte word gevul met dankbaarheid dat God die Vader ‘n Verlosser gestuur het om ons te verlos. Ons geniet baie seëninge: kleurvolle geskenke rondom die boom in ons sitkamer; sing kersliedere en gesange; dank God vir sy goedheid. Sommige van ons geniet dit selfs om “’n Charlie Brown Kersfees” te kyk met Linus wat uit Lukas 2 aanhaal aan die einde.

Ons moet met ons hele hart dankbaar wees vir die seëninge wat ons tydens Kersfees geniet. Ons weet dat alle goeie dinge van die Vader kom. Dit is egter goed om onsself te herinner waarom Jesus gekom het: omdat ons in ‘n oorlog betrokke is – ‘n oorlog teen die magte van die duisternis, met demoniese geeste en met die duiwel self. Die duiwel kom in ons lewens in en probeer om te steel, te vermoor en te vernietig – alles in ‘n poging om ons van God se goeie doel te ontspoor. Met Christus se geboorte, het God ‘n bruggehoof opgestel waarin Hy op ‘n nuwe manier sou oorlog voer – dit is in werklikheid ‘n D-Dag landing teen die verskanste magte van die hel.

Baie gelowiges wil nie hierdie oorlog in hulle lewens erken nie, maar dit is ‘n Bybelse feit dat die vyand van ons siele altyd aan die konkel is teen God se kinders. Daarom, as ons fokus tydens die feestyd net op seëninge ingestel is – selfs goeie dinge soos gee en ontvang – dan mis ons die voller impak van Jesus se offer vir ons. En ons mis uit op die dieper, uiteindelike seëninge wat Kersfees aan ons openbaar ons s’n is.

God, die Vader, het seker gemaak dat sy geliefde Seun verlos was. Al die wonderbaarlike oorwinnings wat in die Naam van Jesus geniet is deur die eeue heen, lê daar in ‘n nederige krip in die vorm van ‘n babatjie.

Terwyl ons Kersfees vier, mag ons dankbaar wees vir al God se seëninge, veral vir die oorwinning wat ons het weens die geboorte van die Christuskind.