Ken God

David Wilkerson

Ek gaan ‘n baie skokkende stelling maak, en ek bedoel elke woord daarvan: Ek ken God nie regtig nie! Dit is, ek ken Hom nie op die manier wat Hy wil hê ek moet Hom ken nie.

Hoe weet ek dit? Die Heilige Gees het dit vir my gesê. Hy het vir my met liefde gefluister; “David, jy ken God nie regtig op die manier waarop Hy wil jy moet Hom ken hê nie. Jy laat Hom nie regtig toe om vir jou God te wees nie.”

In die Ou Testament, het God ‘n volk vir Homself geneem – ‘n volk nie ryker of slimmer as die res nie – net sotdat Hy God vir hulle kon wees: “En Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle ‘n God wees” (Exodus 6:6). God het met ander woorde gesê, “Ek gaan jou leer om My volk te wees – sodat ek God vir julle kan wees!”

God het inderdaad Homself oor en oor aan Sy volk geopenbaar en gemanifesteer. Hy het engele gestuur. Hy het hoorbaar met hulle gepraat. Hy het elke belofte vervul met groot verlossings. Na veertig jaar van wonderwerke, tekens en wonders, was God se mening van Sy volk: “Julle ken My nie – julle ken nie My weë nie!”

Dit moet een van die skokkendste dinge in die hele Bybel wees! God het ‘n volk gesoek wat Hom sou laat God wees vir hulle en Hom werklik te leer ken in al Sy krag en heerlikheid.

Daarom het God Israel verlos met wonderwerke wat hulle verstand te bowe gegaan het: Hy het die Rooi See oopgemaak en al hulle Egiptiese vyande laat verdrink. Hy het water uit ‘n Rots en voedsel uit die hemel gegee. Hy het die mense bedek met ‘n wolk in die dag en met vuur in die nag. Hy het perdebye in vyandige laers ingestuur om hulle te verdryf. Hy het groot konings en koninkryke neergewerp om Sy volk se onthalwe.

Toe het Hy hulle in Kanaän ingelei om huise wat hulle nie gebou het nie, wingerde wat hulle nie geplant het nie, industrieë wat hulle nie ontwikkel het nie, in besit te neem. Hy het hulle byekorwe vol heuning gegee, vee wat melk gee en allerhande soorte rykdom.

Die mense het dit alles in besit geneem. Alles was hulle s’n deur die magtige hand van God. Die getuienis van die Skrif was dat, selfs na al die ontsaglike wonders en seën wat God vir hulle gegee het, het hulle God nog steeds nie geken nie!

“Veertig jaar lank het Ek ‘n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ‘n volk met ‘n dwalende hart, en hulle ken my weë nie” (Psalm 96:10). God sê, “In al hierdie dinge, het jy nooit werklik My laat God wees nie! In My veertig jaar van julle te wil leer, het julle My steeds nie geken nie – julle het steeds nie geweet hoe Ek te werk gaan nie!”

Stéfanus het teenoor die Joodse Raad getuig: “Hy het hulle uitgelei en wonders en tekens in Egipteland en in die Rooi See en in die woestyn gedoen, veertig jaar lank” (Handelinge 7:36). Stéfanus het in wese van hulle vaders gesê, “Hulle het nie net rondgedwaal in daardie veertig jaar nie. God het vir hulle tekens en wonders gewys! Ten spyte van hulle rebellie het God steeds probeer Homself aan hulle te openbaar – en hulle probeer leer Wie Hy was!”

“...waar hulle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het. Daarom het Ek vertroornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart, Maar húlle het my weë nie leer ken nie” (Hebreërs 3:9-10). God het gesê, “Die einste mense wat Ek vir Myself geneem het – die wat My krag gesien het, en met wie ek die duidelikste gepraat het – na al hierdie jare onder My vlerke, is hulle oë en ore nie oop nie. Hulle het My nie eens geken nie!”

Geliefde, God soek steeds na ‘n volk wat Hom sal toelaat om God vir hulle te wees – tot by die punt waarop hulle Hom en Sy weë waarlik leer ken het! Min in die kerk ken Hom egter op hierdie manier.

Ons is soos Israel: Ons het wonderwerke gesien. Ons het manifestasies van Sy teenwoordigheid beleef. Ons gebede was verhoor, sondes vergewe. Ons het oor God onderrig en Hom liefgehad na die beste van ons kennis. Maar op die ou end, kan God van slegs ‘n paar sê, “Hulle het My as God geken. Hulle ken My waarlik en wandel in die openbaring van My weë!”

Dierbare leser, ek kan nie sê of jy God werklik ken soos Hy begeer nie. Slegs die Heilige Gees kan dit openbaar. Maar laat my met jou deel wat God aan my geopenbaar het oor hoe ek Hom verhinder het om waarlik God in my lewe te wees:

1. Ek is skuldig daaraan om beperkinge te plaas op God se krag en beloftes.

Die Skrif sê van Israel, “En hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk [beperk]” (Psalm 78:1). Israel het in ongeloof van God af weggedraai. En net so, glo ek, beperk ons God vandag met ons twyfel en ongeloof!

Ons vertrou God in die meeste gebiede van ons lewens – maar ons geloof het altyd grense en beperkinge. Ons het ten minste een klein gebied wat ons blok, waar ons nie regtig glo God gaan vir ons onderneem nie.

Byvoorbeeld, talle lesers bid moontlik vir die genesing van my vrou, Gwen.  Maar dikwels, wanneer dit kom by die genesing van hulle eie man, vrou, seun of dogter, beperk hulle God!

Ek beperk God die meeste in die gebied van genesing. Ek het vir fisieke genesing gebid vir talle mense, en ek het God wonderwerk op wonderwerk sien verrig. Maar wanneer dit kom by my eie liggaam, beperk ek God! Ek is bang om Hom te laat God wees vir my. Ek dokter myself met medisyne of hardloop na ‘n geneesheer voor ek self vir myself bid! Ek sê nie dit is verkeerd om na die dokter te gaan nie. Maar soms pas ek die beskrywing van diegene wat in my “...siekte...die HERE nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere” (2 Kronieke 16:12).

Ek vra jou: Bid jy vir God om mure in China of Kuba om te gooi – maar wanneer dit kom by die saligheid van jou eie familie, het jy nie ‘n aks geloof nie? Jy dink, “God wil dit nie doen nie. My geliefde is so ‘n moeilike geval. Dit lyk nie of God my verhoor in hierdie saak nie.”

As dit waar is, sien jy Hom nie as God nie! Jy is onkundig oor Sy weë! God se begeerte is “om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk” (Efésiërs 3:20).

God het vir my gesê, “David, jy bind My hande vas, jy boei My! Hoe kan ek jou genees wanneer jy nie regtig glo dat Ek sal nie? Jou twyfel verhinder My om God vir jou te wees. Ek sê jou, jy ken My nie, tensy jy weet dat Ek méér as gewillig is om te gee as wat jy is om te ontvang!”

Israel het gedurig gemurmureer, “Kan God?...Ja, Hy het vir ons ‘n pad deur die Rooi See gemaak. Maar – kan Hy brood gee?” God het vir hulle brood gegee – Hy het in werklikheid vir hulle die tafel gedek in die wildernis. “Maar kan Hy water gee?” het hulle gevra. Hy het vir hulle water uit ‘n Rots gegee. “Maar kan Hy vleis gee?” Hy het vir hulle vleis uit die lug gegee. “Maar kan Hy ons verlos van ons vyande?” Keer op keer het God voorsien en verlos op elke gebied. Die volk het egter veertig jaar deurgebring deur te sê, “Kan God? Kan God?...”

Geliefde, ons behoort te sê, “God kan! God kan!” Hy het – en Hy sal! God kan en sal alles doen wat ons Hom vra en Hom glo om te doen.

2. Ek het God tot intimiteit alleen beperk.

Ek het gedink om God te ken beteken om te leer hoe om tot Hom te nader. So belangrik as wat intimiteit is, is daar meer oor om Hom te ken – baie meer! Talle Christene bring ure alleen met God deur, maar hulle kom uit hulle binnekamer uit sonder dat hulle Sy weë ken.

Hulle het God nog nie toegelaat om God vir hulle te wees nie!

Daar is iets meer oor God ken as om in Sy teenwoordigheid te wees:

Die sewentig oudstes van Israel het geëet en gedrink in God se teenwoordigheid op die berg. Maar die Here het van hulle gesê, “Julle het nooit My weë leer ken nie!”

Die dissipels het drie jaar deurgebring in God se teenwoordigheid – met Christus, wat God in die vlees was. Hulle het onder Sy lering gesit en was dag en nag saam met Hom. Op die ou end, het hulle Hom verlaat en gevlug – omdat hulle nie Sy weë geken het nie!

Jesus sê dat God nie ons gebede en lofprysing hoor nie, bloot omdat ons dit oor en oor opnoem, vir ure op ‘n slag. Dit is moontlik om te bid, te vas of regverdige dinge te doen, en steeds nie die plek te bereik waar ons honger daarna om Hom te ken en Sy weë te begin verstaan nie. Ons leer nie Sy weë ken in die binnekamer alleen nie, hoewel almal wat waarlik die Here ken, baie intiem met Hom is.

3. Ek het God beperk deur tevrede te wees met te min – as ek Hom geken het in al Sy mag en heerlikheid, sou ek Hom vra en glo vir soveel meer!

God het soveel wat Hy vir jou wil gee. Sy begeerte is om “die vensters van die hemel... oop[te]maak en op julle ‘n oorvloedige seën...uit[te]stort” (Maleági 3:10). Hy staan in ‘n vol stoorkamer en sê, “Ek is ‘n vrygewige, liefdevolle God – maar so min sal van My ontvang. Hulle laat my nie God wees vir hulle nie!”

Natuurlik dank ons God vir alles wat Hy gedoen en reeds gegee het. Ons moet egter nie tevrede wees met wat ons dink is baie nie! Talle Christene is tevrede om in kerke te sit en geseën te wees met God se teenwoordigheid. Sulke mense is niks meer as “versadigde sponse” nie! Hulle drink alles op – maar hulle beperk God in hulle lewens wanneer Hy hulle wil vir salf vir diens.

Pastore en gemeentes is tevrede om sogenaamde “megakerke” te bou en om bekend te wees as die vinnigste groeiende kerk. Maar dit is om God te beperk tot vier mure – dit maak nie saak hoe groot en wyd die mure is nie!

Dit maak nie saak wat jy sover gesien het nie, of watter heerlike beeld jy in jou gedagtes kan oproep nie – dit is baie minder as wat God egter in Sy volk wil doen. Toe die dissipels hulle verwonder het aan Christus se wonderwerke, het Jesus geantwoord, “God het ‘n selfs groter werk vir jou in die voortuitsig!”

Die meeste van ons is soos die dissipels. Ons sien een wonderwerk, en ons is tevrede om daaroor te praat vir die res van ons lewens. As ons God egter werklik geken het en Hom God vir ons sou laat wees het, sou ons Hom vra vir soveel meer:

Ons sou reik tot in die hemele deur geloof, en God glo om die goddelose leiers in die lokale, staats en federale agentskappe neer te werp. Ons sou owerhede ek magte neerwerp, soos God gesê het!

Ons sou glo God help ons om ons stad te versadig met die gevangelie van Jesus. Ons sou in geloof opstaan teen elke wapen wat teen ons gerig is, en ons sou Sataniese vestings neerwerp in ons families en kerke.

Ons visie sou grensloos wees. Ons sou God glo vir selfs groter dinge vir Sy koninkryk!

Ken jy God nog nie soos Hy vir jou begeer om Hom te ken nie? Het jy Hom nog nie toegelaat om God vir jou te wees nie? Jy sal dan moontlik wonder hoe jy Hom en sy weë kan leer ken. My enigste antwoord vir jou is wat God van my verwag het, om Hom toe te laat om God vir my te wees:

1. Hy wil my leer om Sy stem te ken!

Diegene wat God werklik ken, het geleer om Sy stem te herken tussen alle ander stemme. Hy wil hê jy moet absoluut oortuig wees dat Hy begeer om met jou te praat – om vir jou dinge te vertel wat jy nog nooit gesien of gehoor het nie!

Die Here het onlangs vir my gewys dat ek steeds geweifel het oor of ek Sy stem met my siel hoor praat. O, [ek] weet dat Hy praat, en dat die skape die Meester se stem moet ken. Maar ek betwyfel my vermoë om Hom te hoor! Ek bring al my tyd deur om die stem wat ek gehoor het “te toets” – en wanneer dit te groot of te geheimsinnig vir my is, dink ek, “Dit kan nie God wees nie. Buitendien, die duiwel kan ook praat! Die vlees praat, leuengeeste praat. ‘n Menigte stemme kom heeltyd na ons toe. Hoe kan ons God se stem ken?”

Ek glo dat drie dinge vereis word van diegene wat God se stem sal hoor:

1. ’n Onwrikbare vertroue dat God met jou wil praat. Jy moet ten volle oorreed en oortuig wees dat God met jou wil praat. Hy is inderdaad ‘n God wat praat – en Hy wil hê jy moet Sy stem ken sodat jy Sy wil kan doen. Wat God vir jou sê sal nooit verder gaan as die grense van die Skrif nie. En jy hoef nie georden te wees of ‘n Ph.D. te hê om Sy stem aan jou te verstaan nie. Al wat jy nodig het, is ‘n hart wat sê, “Ek glo God begeer om met my te praat!”

2. Kwaliteit tyd en stilheid. Jy moet gewillig wees om jouself met God af te sonder en alle ander stemme te laat stil word. Dit is waar, God praat heeldag lank met ons. Maar wanneer Hy iets in my lewe wil inbou, kom Sy stem slegs nadat ek elke ander stem behalwe Syne uitgesluit het.

3. Vra in geloof. Ons verkry niks van God (insluitend om Sy stem te hoor) nie, tensy ons werklik glo dat Hy in staat is om Sy gedagtes aan ons oor te dra – om ons in staat te stel om Sy volmaakte wil te verstaan!

Jesus sê: “En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis, ‘n slang gee; of ook as hy ‘n eier vra, hom ‘n skerpioen gee?” (Lukas 11:11-12). Met ander woorde: as jy jou hemelse Vader vir ‘n woord vra – duidelike leiding, ‘n goddelike teregwysing, ‘n spesifieke behoefte, dink jy vir ‘n oomblik Hy sou in plaas daarvan, die duiwel laat kom en jou mislei?”

Veronderstel ‘n seun skakel sy vader elke aand vir leiding en raad. Dan, eendag besluit die vader om hom ‘n streep te trek. Hy huur ‘n nabootser om die foon op te tel – iemand om sy stem na te maak. Wanneer die seun skakel, gee die indringer vir hom allerhande misplaasde en verkeerde raad. Skielik is die seun heeltemal verward en het ‘n gebroke hart – omdat alles wat hy hoor die teenoorgestelde is van wat hy van sy vader geleer het!

Watter soort vader sou jy sê was hierdie man? Ja – ‘n wrede een! Dit is egter waarvan ons God beskuldig wanneer ons Hom nie vertrou om vir ons Sy stem te gee en nie ‘n stem van die indringer uit die hel nie.

God is nie ‘n terggees nie! Hy sal nie toelaat dat die duiwel jou mislei nie. Wanneer God praat, sal Sy vrede volg – en Satan kan nie daardie vrede namaak nie! As jy op so ‘n plek van stilte en rus is, oortuig dat God met jou kan praat, dan het jy ‘n versekering wat nooit verander nie. Jy kan ‘n duisend keer teruggaan na God toe en dieselfde woord kry – omdat dit die waarheid is!

2. Jy kan nie God in volheid ken, totdat jy Christus sien soos God wil hê jy moet Hom sien nie! Om God te ken, begin by Sy Seun te ken.

Jesus het gesê, “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien” (Johannes 14:9). Ons moet Jesus sien, nie soos die mens onderrig nie, maar soos die Gees Hom aan ons openbaar – soos God wil hê ons moet Hom ken en sien! Daar is baie volumes in my biblioteek oor Jesus, geskryf deur goeie mense – maar ek glo baie van hierdie mense het Hom nog nooit gesien soos God wil hê ons moet Hom sien nie. Ons moet God se visie en getuienis van Christus kry – en dan sal ons God ken soos Hy begeer om geken te word!

Hier is hoe ek glo God wil hê ons moet Sy Seun sien:

“Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, hy by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie” (Jakobus 1:17).

Jesus was ‘n gawe! God het al Sy bronne in Jesus geplaas – “en Hy het sy eniggebore Seun gegee...” Christus is God se goeie en volmaakte gawe aan ons, Hy wat neergedaal het van die Vader af! Sien jy Jesus as God se volmaakte gawe aan jou? Sien jy Hom as alles wat jy nodig het om met blydskap, oorwinning, regverdig en vol rus en vrede te leef?

In die Ou Testament, het God vir Israel baie wonderlike gawes in die wildernis gegee: ‘n Wolk om hulle teen die woestynson te beskerm. Vuur in die nag om hulle te beskerm en te lei. Water uit ‘n Rots. ‘n Tak om bitter water te genees. ‘n Koperslang om diegene wat deur slange gebyt is te genees. Al hierdie goeie dinge was egter net skaduwees!

Wie was die Rots waaruit die water gekom het? Wie was die vuur? Die manna? Die koperslang? Alles wat God vir Israel gedoen het, was deur Jesus! Dit is reg – Jesus was al daardie gawes!

“Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het...en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots van Christus” (1 Korinthiërs 10:1,4).

Vandag het ons baie meer as die skaduwee. Ons het die werklike spys – Christus self! En hy leef in ons!

Die meeste van ons is egter steeds dom skepsels wat na die toekoms kyk vir vervulling. Ons dink een of ander toekomstige gebeurtenis, een of ander verandering in ons omstandighede, sal vir ons vrede en blydskap bring. Ons sê, “Wag net – my dag kom! Op een of ander manier, eendag, iewers...ek weet nie wat daar vir my wag nie, maar dit kom!” Ons is soos kinders wat vir Kersfees wag en ons tel die dae!

Dawid het eens tydens ‘n droewige, introspektiewe seisoen in sy lewe geskryf dat hy gevoel het dat tyd te vinnig verbygegaan het. Hy het so min bereik, het hy gedink. Alles het op daardie tydstip vir hom verniet gelyk: “Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie. En nou, wat verwag ek, o Here?...” (Psalm 39:6,7).

Dawid was depressief, neerslagtig – sy huidige situasie het so nutteloos gely. En uit ‘n verslae hart het hy uitgeroep, “Here, waarvoor wag ek?”

Onlangs het ek alleen in die heuwels van Pennsylvania gewandel, en God het dieselfde vraag tot my hart gespreek: “Dawid, waarvoor wag jy? Waarom is dit nie die beste dag van jou lewe nie? Waarom kan jy nie ‘nou’ vervul en vol blydskap wees nie? Daar is niks ‘daar buite’ wat jy nie reeds in Jesus het nie!”

Ek vra jou: Waarvoor wag jy? “O, vir Mnr. Reg,” mag jy antwoord – daardie goddelike pesoon wat jy dink jou gaan red van alle eensaamheid en jou siel vul met onuitspreeklike blydskap.

Nee! Daar is niks “daar buite” wat jou sal verander of red van wie en wat jy reeds is nie! As jy dink iemand anders gaan jou eensaamheidsprobeelm oplos, is jy ernstig verkeerd. Jy moet verlossing, vrede, hoop en blydskap nóú vind – en Jesus is die enigste Een wat die leemte kan vul! Sommige is verveeld met hulle maats en wag vir hulle om hemel toe te gaan, omdat hulle wil hê romanse moet in hulle lewens inkom en hulle leegheid verdryf. Hulle word nooit wakker en leef nie!

Eeue gelede, voor jy geskape is, het God gesien wat jou hartseer en behoeftes sou wees. Hy het voor die tyd geweet wat jy sou nodig hê om al jou probleme op te los. Hy het nie sy antwoorde toegedraai en hulle vir jou as ‘n reëlboek of as ‘n leër van “antwoord-mense” gestuur nie. Nee – Hy het vir ons een oplossing vir al ons krisisse en behoeftes gestuur – een Man, een Weg, een Antwoord op alles wat ons nodig het: Jesus Christus!

Wanneer jy tevredenheid kry in Jesus, sal jy nie meer wonderwerke by jou maat soek nie. Jy sal nie langer probeer God uit jou man of vrou te maak nie, om iets te bevredig wat net God bedoel was om te bevredig. God sê vir jou, “Ek wil nie hê jy moet vir môre leef nie! Jy sal net terugkyk en sien dat vandag jou beste tyd kon gewees het. Jesus kan nie beter of sterker vir jou wees as wat Hy op hierdie oomblik is nie. Waarom laat jy My nie God vir jou wees vandag nie?”

3. Jy kan God en Sy weë ken deur volkome te rus in die liefde wat die Vader vir jou het!

Het ‘n vriend of geliefde al ooit vir jou uit die bloute gesê: “Is jy kwaad vir my? Het ek iets verkeerd gedoen?”

Jy mag dalk net stil en diep in gedagte wees. Daarom antwoord jy, “Nee, ek is nie kwaad nie. Jy het niks gedoen om my seer te maak nie. Ek is net stil op hierdie oomblik.”

Maar hulle druk jou: “Was dit iets wat ek gesê het?”

“Nee, jy het niks verkeerd gesê nie. Alles is reg.”

“Ek weet wat dit is – ek het vergeet om iets te doen. Wat is dit?”

“Nee, jy het niks vergeet nie. Alles is reg.”

“Kom nou, ek kan sien iets is verkeerd. Ek kan dit op jou gesig sien, ek gaan nie hier weg totdat jy vir my sê wat ek gedoen het om jou te ontstel nie!”

Uiteindelik, om daardie persoon te oortuig, moet jy hom omhels: “Kyk hier, ek het jou lief – ek is nie kwaad nie. Maar as jy so aanhou, gaan jy my kwaad maak!”

Geliefde, dit is hoe ons ons hemelse Vader behandel! Aan die einde van die dag, gaan ons na ons binnekamer en sê: “Laat ons sien hoe ek Jesus vandag bedroef het! Wat het ek verkeerd gedoen – wat het ek vergeet om te doen? Ek is so ‘n gemors, ek weet nie hoe Hy my kan liefhê nie. Here, vergewe my nog een keer. Eendag sal ek so gehoorsaam wees, U sal dit maklik vind om my lief te hê.”

Maar God is heeltyd daar en wag om jou te omhels! Hy wil vir jou wys hoeveel Hy jou liefhet en Hy wil hê dat jy terugleun en rus in Sy liefde!

Jesus het gesê, toe die Verlore Seun huistoe gekom het, was hy terugverwelkom in sy vader se huis. Hy het ‘n nuwe kleed ontvang, by sy vader se tafel geëet en het volle vergifnis ontvang. Maar dit het nie van hom ‘n engel gemaak nie! In teendeel, ek glo sy vader het baie probleme gehad met hom voor dit alles verby was.

Maar die een ding wat hierdie seun moes weet, was dat hy veilig was in sy vader se liefde! Hy moes geweet het sy vader sou hom verdra, saam met hom werk, hom liefhê. Dit is hoe ons hemelse Vader met ons is. Maar ons hou egter aan sê, “Een van hierdie dae, gaan ek so volmaak en reg voor God wees, dat dit vir Hom maklik sal wees om my lief te hê!’

Nee! Hy het jou liefgehad toe jy ‘n sondaar was, ‘n verworpeling, ‘n vyand van Hom. Hoeveel te meer het Hy jou nie nou lief, noudat jy met Hom versoen is nie? God het reeds vir jou gesê, “Ek het jou liefgehad toe jy ‘n vreemdeling was vir My, toe jy in rebellie en sonde was. Sal Ek jou nie nou selfs meer liefhê, nou dat jy aan jou aan kindskap verbind het nie?”

Ons rus nie met vertroue in Sy liefde soos ons moet nie. En tog sê die Here van Homself dat Hy liefde is. Johannes skryf: “En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde en hy wat in die liefde bly, bly in God en God in hom” (1 Johannes 4:16).

Weet, glo en rus jy in Sy liefde vir jou? Of ondersoek jy jouself heeltyd en sê, “O God, U weet wat in my is – hoe kan U my liefhê?” As jy nie Sy liefde vrylik sal aanvaar nie – as jy dit altyd bevraagteken en dink Hy sal dit wegneem, dan ken jy Hom of sy weë nie!

Dierbare heilige, dit is tyd vir jou om veilig te rus in die liefde van God! Jy moet opstaan en sê, “Ek sal nie die duiwel se beskuldigings aanvaar nie – omdat ek in elk geval nooit waardig sal wees nie. Al my waardigheid kom deur Jesus! Hy het my gewas in Sy bloed.”

Wanneer jy al die leuens aanvaar wat in jou gedagtes ingespuit word – dat jy waardeloos, ‘n mislukking, hopeloos is – bedroef dit God meer as alkoholisme, dwelmmisbruik, promisku seks en alle ander bymekaargetel! Hy sê van Homself, “Ek is liefde – en Ek wil hê jy moet weet, glo, rus en vertrou in My groot liefde vir jou!”

Ek sê vir jou, om dit te weet het meer vir my in die afgelope weke gedoen as enigiets anders waarvoor God ooit my oë oopgemaak het – hoewel ek steeds ver daarvan is om Sy liefde te ken soos ek veronderstel is. Ja, Hy wil my hê – en Hy gaan my liefhê en God vir my wees!

Jy sien, jy kan nie Hom vir jou God laat wees, tensy jy Hom toelaat om jou lief te hê nie!

Wanneer die vyand inkom soos ‘n brullende leeu, moenie paniekerig word nie – rus net. Sê, “God het my steeds lief – Jesus het my lief. Ek weet en glo in Sy liefde!” Laat Hom God wees vir jou deur vir Hom te wys jy sal rus in Sy liefde. Aanvaar dit – en geniet dit. God is die beste om God vir jou te wees wanneer jy Hom toelaat om jou met Sy liefde te oorlaai.

Halleluja!